Diogo Cão (geangliseer as Diogo Cam) was 'n Portugese seevaarder en ontdekkingsreisiger. Daar is min omtrent sy vroeë lewe bekend. Hy was in diens van koning Alfonso V en later Johann II toe hy sy ontdekkingstogte onderneem het.

Tydens sy eerste reis (1482–1483) ontdek hy die Kongorivier en rig 'n klipkruis by die rivier se mondig op. Hy vaar die rivier op en kom in kontak met die Bakongo-koninkryk. Daarna volg hy die Afrikakuslyn tot by Kaap St. Mary in Angola. Dié kruis is in 1886 herontdek.

Op sy tweede reis (1485–1486) vorder Diogo tot by Kaap Kruis in Namibië, waar hy nog 'n kruis oprig. Dit is nie seker of hy van sy laatste tog teruggekeer het nie. Sommige neem aan dat hy by Kaap Kruis oorlede en begrawe is. Hierdie kruis is in 1893 deur die bemanning van 'n Duitse skip in bewaring geneem, en die Duitse Keiser het gelas dat 'n replika in die plek daarvan opgerig word.Kunst und Wissenschaft, Reichsanzeiger, 16 Augustus 1894

Bron Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Verwysings

Eksterne skakels

Inligting oor Diogo

Kategorie:Portugese ontdekkingsreisigers Kategorie:Geskiedenis van Namibië Kategorie:Geboortes in 1440 Kategorie:Sterftes in 1486