Stefan Watermeyer (gebore te Nelspruit op 3 Junie 1988) is 'n Suid-Afrikaanse rugbyspeler wat vir die Kings op senter speel in die Superrugbyreeks.
Loopbaan
Hy het ook voorheen vir die Blou Bulle, Griekwas en die Pumas in die Vodacombeker- en die Curriebeker-reeks gespeel.
Hy het ook twee wedstryde vir die Ospreys in Wallis gespeel in 2011-12. Met sy debuut vir die Ospreys het hy 'n drie gedruk en is aangewys as "Speler-van-die-wedstryd". Ongelukkig het die implementering van 'n salarisplafon in Wallis beteken dat hy vrygestel is deur die Ospreys in Julie 2012.
Ná sy terugkeer na Suid-Afrika sluit hy hom aan by die Pumas vir die 2013 seisoen.
Hy word ingesluit in die Lions-span vir die 2014 Superrugbyseisoen en maak sy debuut in 'n 21-20 oorwinning oor die Cheetahs in Bloemfontein op 15 Februarie.
Eksterne skakels
Stefan Watermeyer by itsrugby.co.uk
Verwysings
Kategorie:Lions rugbyspelers Kategorie:Geboortes in 1988 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Bulls rugbyspelers Kategorie:Afrikaners