Damian de Allende (gebore te Kaapstad op 25 November 1991) is 'n Suid-Afrikaanse rugbyspeler wat vir die op senter of vleuel speel in die Verenigde Rugbykampioenskapsreeks.

Loopbaan In 2012 het hy sy debuut gemaak vir die Westelike Provinsie in hul Vodacombekerwedstryd teen die Pampas XV. Hy speel drie wedstryde in die reeks en druk een drie. Hy is daarna ingesluit in die WP-groep vir die Curriebeker Premierliga.

De Allende het ook die Ikey Tigers in die 2012 Varsitybeker verteenwoordig.

In Augustus 2013 het hy 'n kontrak onderteken met die Westelike Provinsie en Stormers tot 2015.

Springbokkleure Op 16 Augustus 2014 het De Allende sy debuut vir die Springbokke in 'n toets teen Argentinië in Pretoria gemaak, op die ouderdom van 22 jaar. Hy was ook deel van Suid-Afrika se span tydens die rugbywêreldbekertoernooie in 2015, 2019 en 2023.

Verwysings

Eksterne skakels

Damian de Allende by itsrugby.co.uk

Kategorie:Stormers rugbyspelers Kategorie:Geboortes in 1991 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Springbokrugbyspelers