Die Golf van Thailand (Thai: อ่าวไทย, Ao Thai, [ʔàːw tʰāj], ; Khmer: ឈូងសមុទ្រថៃ, Boeung Tonle Siem; Maleis: Teluk Thailand; Viëtnamees: Vịnh Thái Lan), of vroeër die Golf van Siam (Thai: อ่าวสยาม; Ao Sayam) genoem, is 'n golf van die Suid-Chinese See in Suidoos-Asië tussen Indo-China in die noorde en die Maleise Skiereiland in die suide. Proceedings of the Royal Geographical Society
duimnael|links|Ligging van die Golf van Thailand duimnael|links|Kaart van die Golf van Thailand Die Golf van Thailand word in die noorde en weste deur Thailand begrens, in die noordooste deur Kambodja, in die ooste deur Viëtnam en in die suide deur Maleisië. In die suidooste die Suid-Chinese See geleë. Die golf het 'n oppervlakte van sowat 320 000 km², is tussen 500 en 560 km wyd en 450 km lang. Net noord van die Baai van Bangkok in die noorde van die Golf van Thailand is Bangkok, Thailand se hoofstad en grootste stad, geleë. Suid van Bangkok mond die Chao Phraya in die Golf van Thailand uit.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Geografie van Kambodja Kategorie:Geografie van Maleisië Kategorie:Geografie van Thailand Kategorie:Geografie van Viëtnam Kategorie:Seë van Asië Kategorie:Seë van die Stille Oseaan