Menslike evolusie is die evolusieproses wat gelei het tot die ontstaan van die moderne mens. Hoewel dit begin by die laaste gemeenskaplike voorsaat van alle lewe, dek die onderwerp gewoonlik net die evolusiegeskiedenis van primate, veral die genus Homo, en die ontstaan van Homo sapiens as ’n aparte spesie van hominiede (of "groot ape"). Die studie van menslike evolusie betrek baie wetenskaplike vakrigtings, onder meer fisiese antropologie, primatologie, argeologie, etologie, linguistiek, evolusionêre sielkunde, embriologie en genetika.

Genetikastudies wys primate het sowat 85 miljoen jaar gelede tydens die Laat Krytperiode van ander soogdiere geskei. Die vroegste fossiele kom uit die Paleoseen, sowat 55 miljoen jaar gelede."Nova – Meet Your Ancestors". PBS. Besoek op 2008–10–24. Die familie Hominidae het 15 tot 20 miljoen jaar gelede van die Hylobatidae-familie (langarmape) geskei, en die Ponginae (orang-oetangs) het sowat 14 miljoen jaar gelede van die Hominidae-familie geskei.Dawkins R (2004) The Ancestor's Tale. ^ "Query: Hominidae/Hylobatidae". Time Tree. 2009. Besoek in Desember 2013. Tweevoetigheid het in die Hominini-stamboom begin; die eerste hominien wat op twee voete geloop het, was óf Sahelanthropus óf Orrorin, terwyl Ardipithecus, wat ten volle op twee voete geloop het, effens later ontwikkel het. Die gorilla en sjimpansee het omtrent in dié tyd geskei (sowat 4 tot 6 miljoen jaar gelede), en óf Sahelanthropus óf Orrorin is dalk hulle en die mens se laaste gemeenskaplike voorsaat. Die vroeë tweevoetiges het eindelik in Australopithecus ontwikkel en later in Homo.

duimnael|350px|links|’n Skematiese voorstelling van die menslike evolusie. Die vroegste aangetekende lede van Homo is H. habilis, wat sowat 2,3 miljoen jaar gelede ontwikkel het en van wie daar positiewe bewyse is dat hulle steengereedskap gebruik het. Die brein van hierdie vroeë hominiene was omtrent so groot soos sjimpansees s'n, hoewel daar al voorgestel is dat die menslike SRGAP2-geen in dié tyd verdubbel het, en dit het ’n vinniger bedrading van die frontale korteks tot gevolg gehad. Tydens die volgende miljoen jaar het ’n proses begin waardeur die brein groter geraak het in verhouding met die algehele liggaamsmassa, en met die verskyning van H. erectus in die fossielrekord, het die breingrootte verdubbel tot 850 cm3.Java Man, Curtis, Swisher and Lewin, Hierdie vergroting van die brein is eweredig aan ’n toename van 125 000 neurone van geslag tot geslag.

H. erectus en H. ergaster was die eerste van die hominiene wat Afrika verlaat het, en hulle het tussen 1,3 en 1,8 miljoen jaar gelede deur Afrika, Asië en Europa versprei. Daar word geglo dié spesies het die eerste keer vuur gemaak en ingewikkelde gereedskap gebruik.

Archaïese H. sapiens, die voorganger van die anatomies moderne mens, het tussen 400 000 en 250 000 jaar gelede ontstaan. Volgens die onlangse teorie van Afrika as die oorsprong van alle mense, het die moderne mens in Afrika ontstaan, moontlik uit H. heidelbergensis, H. rhodesiensis of H. antecessor, en 50 000 tot 100 000 jaar gelede die kontinent verlaat. In Eurasië het hulle die plaaslike bevolkings van H. erectus, H. denisova, H. floresiensis en H. neanderthalensis vervang. Ook (sagteband) Onlangse DNS-studies toon Neanderdaller-gene kom in feitlik alle nie-Afrikane voor, en dat hulle en ander hominiede, soos H. denisova, dalk tot 6% van hul genoom bygedra het tot hedendaagse mense – dit dui op ’n mate van verbastering tussen dié spesies.

Anatomies moderne mense het uit Archaïese H. sapiens ontwikkel tydens die Middel-Steentydperk, sowat 200 000 jaar gelede. Die oorgang na gedragtelike moderniteit met die ontwikkeling van simboliese kultuur, taal en gespesialiseerde steentegnologie het volgens baie antropoloë sowat 50 000 jaar gelede ontstaan, hoewel sommige meen dit het geleidelik oor ’n langer periode gebeur.

Geskiedenis van navorsing Voor Darwin duimnael|240px|Fossiele in die evolusie van hominiede (The Museum of Osteology, Oklahoma City, Oklahoma, VSA.) Die woord "homo", die naam van die genus waartoe die mens behoort, is Latyn vir "mens". Dit is oorspronklik in die 18de eeu gekies deur die Sweedse fisikus en soöloog Carolus Linnaeus in sy klassifikasiestelsel. Die Latynse woord kom weer van die Indo-Europese stam *dhghem, of "aarde". Linnaeus en ander wetenskaplikes van dié tyd het ook geglo die groot ape is die mens se naaste verwante, gebaseer op morfologiese en anatomiese ooreenkomste.

Darwin Die moontlike verband tussen die mens en vroeëre ape het eers duidelik geraak in 1859 met die publikasie van Charles Darwin se On the Origin of Species, waarin hy die idee voorstaan dat nuwe spesies deur evolusie uit vroeëre spesies ontstaan. Darwin se boek het nie die vraag van menslike evolusie behandel nie en net gesê: "Lig sal gewerp word op die oorsprong van die mens en sy geskiedenis."

Die eerste debatte oor die aard van menslike evolusie het ontstaan tussen Thomas Huxley en Richard Owen. Huxley was ’n voorstander van die mens se evolusie uit ape en het gewys op baie van die ooreenkomste en verskille tussen mense en ape, veral in sy 1863-boek Evidence as to Man's Place in Nature. Baie van Darwin se vroeëre ondersteuners het egter nie aanvanklik saamgestem dat die oorsprong van die mens se verstandelike vermoëns en moraliteit verduidelik kan word aan die hand van natuurlike seleksie nie, hoewel dit later verander het. Darwin het die teorie van evolusie en seksuele seleksie op die mens van toepassing gemaak in sy 1871-boek The Descent of Man, and Selection in Relation to Sex.

Eerste fossiele ’n Groot probleem in dié tyd was die gebrek aan intermediêre fossiele. Ondanks die ontdekking in 1891 deur Eugène Dubois in Java van wat nou Homo erectus genoem word, was dit eers met die ontdekking van nog fossiele in die 1920's in Afrika dat bewyse van oorgangspesies toegeneem het. In 1925 het die Australiër Raymond Dart Australopithecus africanus beskryf. Die bekendste voorbeeld was die Taung-kind, ’n Australopithecus-kind wat in ’n grot in Taung, Suid-Afrika, ontdek is. Die oorblyfsels was ’n goed bewaarde skedel en die afdruk van die brein.

Hoewel die brein klein was, (410 cm3), was dit rond, anders as dié van sjimpansees en gorillas, en dus meer soos ’n menslike brein. Die fossiel het ook kort oogtande gehad en die posisie van die foramen magnum (agterhoofopening) was ’n bewys dat hy op twee voete geloop het. Al hierdie eienskappe het Dart daarvan oortuig dat die Taung-kind ’n tweevoetige voorsaat van die mens was; ’n oorgang tussen ape en mense.

Fossiele uit Oos-Afrika duimnael|220px|Mary en Louis Leakey by Olduvaikloof in Tanzanië. In die 1960's en 1970's is honderde fossiele gevind, veral in die Oos-Afrika-streke van die Olduvaikloof en Turkanameer. Die dryfkrag agter die vondste in Oos-Afrika was die Leakey-familie – Louis Leakey en sy vrou, Mary, en later hul seun Richard en skoondogter Meave. Uit die terreine van Olduvai en die Turkanameer het hulle fossiele gekry van Australopithecus, vroeë Homo en selfs Homo erectus.

Hierdie vondste het Afrika gekenmerk as die "wieg van die mensdom". In die 1980's het die fokus op Ethiopië geval toe Lucy, die volledigste fossiel van Australopithecus afarensis, deur Donald Johanson in Hadar in die noorde van dié land gevind is. In dié gebied sou nog baie nuwe Hominini-fossiele gevind word, veral in die 1990's deur die spanne van Tim White, soos Ardipithecus ramidus.

In 2013 is skeletfossiele van Homo naledi, ’n uitgestorwe spesie van Hominini wat in die genus Homo ingedeel is, in ’n grot in Gauteng, Suid-Afrika, ontdek. Teen 2019 is fossiele van minstens 15 individue in die grot ontdek – altesaam 1 550 spesimens. Die spesie word gekenmerk deur ’n massa en statuur wat met dié van fyner geboude mense ooreenstem en ’n skedelvorm soortgelyk aan dié van vroeë Homo-spesies. Die anatomie van die skelet kombineer primitiewe eienskappe soos dié in Australopithecus en dié wat in vroeë mense voorgekom het. Dit lyk of met voorbedagte rade in die grot van die individue ontslae geraak is met die tyd van hulle dood. Die fossiele is sowat 250 000 jaar oud en is dus nie ’n direkte voorsaat van die mens nie, maar ’n tydgenoot van die eerste vroeë moderne mens met ’n groter brein.

Die genetiese revolusie Die genetiese revolusie in menslike evolusie het begin toe Vincent Sarich en Allan Wilson die krag van immunologiese kruisreaksies van albumien in die bloedplasma gemeet het tussen pare diere, insluitende mense en Afrika-ape (sjimpansees en gorillas). Die krag van die reaksie kon numeries uitgedruk word as ’n immunologiese afstand, wat weer eweredig was aan die aantal aminosuur-verskille tussen gelyksoortige proteïene in verskillende spesies. Dié inligting kon gebruik word om die tye van skeiding te raam tussen pare uit swakker of onbekende fossielrekords.

In ’n 1967-verslag in die tydskrif Science het Sarich en Wilson die skeiding tussen mense en ape op 4 tot 5 miljoen jaar gelede geraam, in ’n tyd toe die standaardraming sowat 10 tot 30 miljoen jaar was. Daaropvolgende fossielvondste, veral Lucy, en ’n reïnterpretasie van ouer fossiele, veral Ramapithecus, het gewys die jongste ramings is korrek en dit het geloofwaardigheid verleen aan die albumien-metode. Dit het ’n revolusie veroorsaak in die studie van molekulêre evolusie.

Die soeke na die vroegste hominien In die 1990's het verskeie spanne paleoantropoloë in Afrika gesoek na bewyse van die vroegste skeiding tussen die Hominini-stamboom en die groot ape. In 1994 het Meave Leakey Australopithecus anamensis ontdek. Die vonds is oorskadu deur die ontdekking in 1995 deur Tim White van Ardipithecus ramidus, wat die fossielrekord tot 4,2 miljoen jaar teruggestoot het.

In 2000 het Martin Pickford en Brigitte Senut ’n 6 miljoen jaar oue, tweevoetige hominien in die Tugenheuwels van Kenia gevind wat hulle Orrorin tugenensis genoem het. En in 2001 het ’n span onder Michel Brunet ’n skedel van Sahelanthropus tchadensis ontdek wat 7,2 miljoen jaar oud was. Brunet het gereken dit was tweevoetig, en dus ’n hominien.

Menslike verspreiding duimnael|300px|’n Model van die mens se verspreiding. Jare word in duisende aangedui deur middel van kleure. duimnael|300px|Verspreiding van die moderne mens: Homo sapiens in rooi, Homo neanderthalensis in oker en Homo erectus in geel. Antropoloë was in die 1980's verdeeld oor sekere besonderhede van voortplantingsgrense en migrasieverspreidings van die genus Homo. Genetika is dus gebruik om die saak verder te ondersoek en die verskille te probeer los. Volgens een teorie het Homo minstens drie keer uit Afrika migreer (bv. Homo erectus, Homo hiedelbergensis en Homo sapiens).

Die onlangse Uit Afrika-teorie van Chris Stringer en Peter Andrews stel voor die moderne H. sapiens het sowat 200 000 jaar gelede in Afrika ontstaan en die daaropvolgende migrasie deur Eurasië het gelei tot die feitlik algehele vervanging van ander Homo-spesies. Daarteenoor stel die multistreek-hipotese dat die genus Homo net uit een enkele spesie bestaan en dat die evolusie daarvan die laaste paar miljoen jaar wêreldwyd plaasgevind het. Dié teorie is in 1988 deur Milford H. Wolpoff voorgestel. PDF

Die begrip van die mens se oorsprong het ’n hupstoot gekry danksy DNS-navorsing. Die mtDNS en Y-DNS van ’n groot verskeidenheid inheemse bevolkings het inligting oor voorsate onthul van beide manlike en vroulike herkoms. Ontledings dui op ’n groter verskeidenheid DNS-patrone regdeur Afrika, wat ooreenstem met die idee dat Afrika die tuiste is van Mitochondriale Eva en Y-chromosomale Adam, dus dat alle moderne mense uit Afrika afstam.