duimnael|300px|Seks op ’n Griekse vaas, omstreeks 470 v.C.
Seksposisies is posisies wat mense inneem tydens of vir die doel van seksuele omgang of ander seksuele aktiwiteite. Dit word gewoonlik genoem na die posisie wat die deelnemers inneem vir die seksdaad. Hoewel seks gewoonlik die penetrasie van een persoon se liggaam deur ’n ander persoon behels, of die direkte stimulasie van die een se geslagsorgaan deur die ander, is dit nie altyd die geval nie.
Drie kategorieë seksuele omgang word gewoonlik beoefen: vaginale omgang, wat penetrasie van die vagina behels; anale penetrasie; en orale seks, wat die stimulasie van die een persoon se geslagsorgaan deur die ander persoon se mond behels. Meer as een van dié dade kan tydens seks uitgevoer word. Seksdade kan ook ander soorte genitale stimulasie behels, soos solo- of wedersydse masturbasie, wat die vryf van ’n geslagsorgaan of penetrasie met ’n vinger of seksspeelding, soos ’n dildo of vibrator, behels. Daar is verskeie seksposisies wat in enige van die seksdade ingeneem kan word.
Geskiedenis Die vroegste Europese Middeleeuse geskrif oor seksposisies is die Speculum al foderi (letterlik " ’n Spieël vir Omgang ", soms genoem " ’n Spieël vir Koïtus"), ’n 15de-eeuse Katalaanse geskrif wat in die 1970's ontdek is.Michael R. Solomon, red. (1986). Text and Concordance of Speculum al foderi, Biblioteca Nacional MS. 3356. Michael R. Solomon (1990). The Mirror of coitus : a translation and edition of the fifteenth-century Speculum al foderi. Spaans.
Posisies met uitsluitlik penetrasie Hierdie posisies behels die plasing van ’n falliese voorwerp (’n penis, dildo, prop of ander voorwerp) in die vagina, mond of anus. duimnael|Die "sendelingposisie" is die mees algemene posisie. duimnael|Seks van agter af, ook die "hondjieposisie" genoem.
Aktiewe maat bo met penetrasie van voor Die mees algemene posisie is die "sendelingsposisie". Die seksmaats kyk na mekaar toe en die passiewe maat lê op hul rug met hul bene uitmekaar. Die aktiewe maat lê bo-op. Hierdie posisie kan gebruik word vir vaginale of anale seks. Die aktiewe maat staan voor die aktiewe maat, wie se bene oor die kant van ’n bed of ander soort platform soos ’n tafel hang.Nafzawi, Muhammad ibn Muhammad al, and Jim Colville (vert.). The Perfumed Garden of Sensual Delight. The Kegan Paul Arabia library, vol. 7. Londen: Kegan Paul, 1999. Die passiewe maat se bene is na die plafon gelig en rus teen die aktiewe maat; dit word soms die "skoenlapperposisie" genoem. Dit kan ook in ’n knielposisie gedien word. Die passiewe maat lê op hul rug. Die aktiewe maat staan en lig die maat se pelvis vir penetrasie. Die passiewe maat kan ook hul bene teen die aktiewe maat se skouers laat rus. Die passiewe maat lê op hul rug, met die bene opgelig en die knieë naby die kop. Die aktiewe maat hou die bene vas en penetreer hulle van bo af. Soortgelyk as hierbo, maar die passiewe maat se bene hoef nie reguit te wees nie. Die aktiewe maat vou hul arms om die passiewe maat en druk hul bene so naby as moontlik aan dié se bors.The Perfumed Garden, Shaykh Nefwazi, vert. deur sir Richard Francis Burton, 1886. volle teks by Internet Sacred Text Archive Die "koïtale oplyningstegniek" is ’n posisie waar ’n man ’n vrou penetreer. Die man beweeg teen die vrou se lyf op totdat die penis afwaarts wys en teen die vrou se klitoris vryf. Die passiewe maat lê op hul rug met hul bene óf gekruis agter hul kop óf naby hul ore. Die aktiewe maat hou die passiewe maat se bene naby die enkels vas en lê vollengte bo-op hulle. ’n Variasie is dat die passiewe maat hul enkels op hul maag kruis, met die knieë by die skouers. Die aktiewe maat lê dan met hul volle gewig op die ander een se gekruisde enkels. Dit word die "Weense oester" genoem in The Joy of Sex, ’n geïllustreerde sekshandleiding uit 1972 deur die Britse dokter en skrywer Alex Comfort.Comfort, Alex, The Joy of Sex: Fully Revised & Completely Updated for the 21st Century. Crown. Hersiene uitg., 2002. , 256 pages.
Penetrasie van agter duimnael|’n Uitbeelding van die "lepelposisie" uit die 1ste eeu n.C. Die meeste van dié posisies is geskik vir beide vaginale en anale penetrasie. Variasies van die "hondjiestyl" sluit in: Die passiewe maat staan op hul knieë, met hul liggaam horisontaal. Die aktiewe maat plaas óf hul penis óf ’n seksspeelding van agter af in die maat se vagina of anus.Rogiere, Jean, The Little Book of Sex. Ulysses Press, 2001. , 96 pages. Die aktiewe maat plaas hul voete weerskante van die passiewe maat met die knieë gebuig. Hulle moet gewoonlik hul hande op die maat se rug hou om te keer dat hulle vooroor val. Die passiewe maat kniel regop terwyl die aktiewe maat hul arms by die gewrig vashou en sagkens terugtrek na hulle toe.
Vir die "lepelposisie" lê albei seksmaats op hul sy en kyk in dieselfde rigting.Westheimer, Ruth K., Sex for Dummies. For Dummies. 2de uitg., 2000. , 432 pages. Variasies sluit die volgende in: Die passiewe maat lê op hul sy, terwyl die aktiewe maat kniel en hulle van agter af penetreer. Die aktiewe maat kan ook staan as die passiewe maat op ’n hoë oppervlak lê. Die passiewe maat lê op hul maag, met die gesig na onder en moontlik die bene uitmekaar. Die aktiewe maat lê bo-op hulle.Rogiere, Jean, The Little Book of Sex. Ulysses Press. 2001. . ’n Kussing onder die passiewe maat se heupe kan stimulasie aanhelp. Die passiewe maat lê op hul maag met hul knieë teenmekaar. Die aktiewe maat lê bo-op met hul bene uitmekaar. Die passiewe maat lê op hul sy met hul boonste been vorentoe. Die maat kniel bo-oor die onderste been. duimnael|Die vrou bo in die Kama Sutra.
Passiewe maat bo duimnael|’n Uitbeelding van die "cowgirl-posisie". Die meeste van dié posisies kan vir beide vaginale en anale penetrasie gebruik word. Wanneer die vrou bo is, word dit dikwels die "cowgirl-posisie" genoem. Die ontvanger kan oor die penetreerder kniel, met hul gesig na mekaar toe. Die ontvanger kan soms in die teenoorgestelde rigting kyk. Dit word soms die "ongekeerde cowgirl-posisie" genoem. Die ontvanger kan agteroorlê met hul hande op die grond. Die ontvanger kan op hul hurke sit pleks van kniel en na hul maat kyk. Die penetreerder lê met die boonste deel van die rug op ’n lae tafel, bank of stoel, met hul voete op die grond en hul rug parallel met die grond. Die ontvanger kan bo-oor staan, ook met hul voete op die grond. Die ontvanger kan enige van verskeie posisies inneem. Die "laterale koïtale posisie" is deur Masters en Johnson aanbeveel en is deur driekwart van die deelnemers aan hul heteroseksuele ondersoek verkies nadat hulle dit beproef het. Die man lê op sy rug en die vrou effens langs hom met haar pelvis bo-op syne, maar haar gewig langs hom. Die posisie kan ook vir anale seks gebruik word en is nie beperk tot heteroseksuele paartjies nie.
duimnael|Seks in ’n sittende posisie.
Sittende en knielende Die meeste van dié posisies kan vir beide vaginale en anale penetrasie gebruik word. Die penetreerder sit op ’n oppervlak met hul bene uitgestrek. Die ontvanger sit bo-op en vou hul bene om die maat. As die penetreerder hul bene kruis, word dit die "lotusposisie" genoem. In dié posisie kan die seksmaats mekaar liefkoos en so word die kans van plesier en orgasme in albei verhoog. Die penetreerder sit op ’n stoel. Die ontvanger hurk bo-oor met hul voete op die grond. Dit word soms die "skootdans" genoem. Die penetreerder kniel en die ontvanger lê op hul rug met hul enkels weerskante van die penetreerder se skouers.
regs|duimnael|Die een maat staan terwyl hy sy maat vashou.
Staande Die meeste van dié posisies kan vir beide vaginale en anale penetrasie gebruik word. In die basiese staande posisie staan albei seksmaats en kyk na mekaar. Die volgende variasies is moontlik: As die een maat korter as die ander een is, kan hulle op iets staan sodat hulle hoër is, of hoëhakskoene dra. Dit kan vergemaklik word deurdat die vrou met haar rug teen ’n muur staan. Dié posisie is ook ideaal vir ’n stort. Die aktiewe maat staan, en die passiewe maat vou hul arms om die maat se nek en hul bene om hul middel. So is die vagina of anus naby die maat se penis. Dié posisie word ook vergemaklik met byvoorbeeld ’n muur agter die passiewe maat, nes hierbo. Die passiewe maat kan ook in dieselfde rigting as die aktiewe maat kyk; dit vergemaklik anale seks. Dié posisie kan afgewissel word deur verskillende staanposisies in te neem, soos om vooroor te buig.
Anale seksposisies duimnael|’n Uitbeelding uit die 19de eeu van anale penetrasie, deur Paul Avril. Die volgende posisies word vir anale penetrasie gebruik: "Hondjiestyl" vergemaklik maksimum penetrasie, maar hou die gevaar in van druk teen die S-derm. As die passiewe maat manlik is, word die prostaat so makliker gestimuleer. Die aktiewe maat reguleer die ritme. ’n Variasie is die "hasieoor-posisie", waarin die passiewe maat vooroor leun. Hulle kan ook plat lê. In die "sendelingposisie" moet die passiewe maat se bene in die lug wees en die knieë so na as moontlik aan die bors. ’n Vorm van steun soos ’n kussing onder die heupe kan ook seks vergemaklik. Die aktiewe maat maak hulle tuis tussen die passiewe maat se bene. Eersgenoemde reguleer die ritme. Dié posisie word gewoonlik vir beginners aanbeveel, want dit stel hulle in staat om meer te ontspan as in die "hondjieposisie". Die "lepelposisie" stel die passiewe maat in staat om die aanvanklike penetrasie en die ritme, diepte en krag van die seksbewegings te beheer. Die "omgekeerde sendelingposisie" stel ook die passiewe maat in staat om die diepte, ritme en spoed van penetrasie te beheer. Hulle kan ook hul anus self oor die maat se penis laat sak en tyd toelaat vir hul spiere om te ontspan.
Minder algemene posisies duimnael|Die "tekenhaakposisie". Hierdie posisies is meer innoverend, en dalk nie so algemeen bekend as dié wat hierbo genoem is nie.
Die passiewe maat lê op hul rug met hul knieë opgetrek en uitmekaar. Die aktiewe maat lê op hul sy loodreg tot die maat met hul heupe onder die boog wat die passiewe maat se bene vorm. Dit word soms die "tekenhaakposisie" genoem. Die passiewe maat se bene kan ook na die kant gedraai wees terwyl hulle na hul maat kyk. Die penetreerder se bene is uitmekaar reg agter die passiewe maat se heupe, en sy hande is op die maat se heupe. Dit word soms die "aangepaste tekenhaakposisie" genoem. Die "sewende postuur" uit die 15de-eeuse Arabiese sekshandleiding The Perfumed Garden is ’n ongewone posisie wat nie gewoonlik in ander klassieke sekshandboeke beskryf word nie. Die passiewe maat lê op hul sy. Die penetreerder kyk in hul rigting en lê oor hul onderste been terwyl hulle die boonste been tot in die vou van hul elmboog of oor hul skouer lig. Sommige bronne beskryf dit as "vir akrobate", terwyl ander dit as gemaklik beskryf, veral tydens swangerskap. Die "heiposisie" is ’n moeilike posisie en word soms in pornografieprente gesien. Verskillende bronne beskryf dit verskillend. In ’n heteroseksuele verband lê die vrou op haar rug en lig haar heupe so hoog as moontlik sodat die man, wat staan, sy penis in haar vagina of anus kan plaas. Dit plaas ’n geweldige stremming op die vrou se nek en stywe kussing moet gebruik word om haar nek te steun. Die passiewe maat lê op hul maag op die rand van die bed met hul bene parallel met die grond. Die penetreerder staan agter hul maat en hou albei bene in die lug. Die "fietspomp" is soortgelyk aan die "heiposisie", maar die passiewe maat lê met hul sitvlak in die lug.
Ander Die penetreerder lê op hul rug met hul bene uitmekaar. Die ontvanger lê bo-op die penetreerder, ook op hul rug, en kyk in die dieselfde rigting. Die penetreerder en ontvanger lê albei op hul rug, met hul koppe in teenoorgestelde rigtings. Elk plaas hul een been op die ander se skouer (as steun) en hul ander been effens na die kant.