Die drietandkanferbos (Tarchonanthus trilobus) is 'n boom wat deel van die Asteraceae familie is. Die spesie is inheems aan Eswatini, Mosambiek, Suid-Afrika en Zimbabwe. In Suid-Afrika kom die in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap voor.
Die boom groei in bosveld, gewoonlik op klipperige plekke en in droë woud. Die blare is dik, leeragtig, donkergroen, grof geriffel aan die bokant en witterig aan die onderkant. Daar is twee variëteite, een met blaarpunte wat drie tande het en die ander met gerolde blaarpunte.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013
Kategorie:Bome van Afrika trilobus Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Zimbabwe