Die eikel (Engels: glans) is in die menslike anatomie die sensitiewe voorste bol van die penis. Dit is meer algemeen bekend as die "kop van die penis". Dit word gedeeltelik of heeltemal bedek deur die voorhuid, na gelang van of die man besny is of nie, maar die voorhuid kan gewoonlik heeltemal teruggetrek word sodat die eikel ontbloot is.

Anatomie duimnael|links|Die skag en eikel van die manlike penis. Die eksterne opening van die manlike uretra (urienbuis) is op die punt van die eikel geleë. Aan die basis van die eikel is ’n ronde, uitstaande rand, die corona glandis. Die grootte van die eikel wissel grootliks. Dié van sommige penisse is baie wyer as die skag en dit gee die penis ’n sampioenagtige voorkoms; by ander penisse is dit nouer.

Die voorhuid hou die eikel klam. Besnyde mans se eikel is permanent ontbloot en droog. Volgens verskeie studies is die eikel van besnyde en onbesnyde penisse ewe sensitief, (hier te sien ) terwyl in ander studies bevind is onbesnyde mans s’n is meer sensitief.

Evolusie Daar is al voorgestel dat die unieke en ongewone vorm van die menslike penis so ontwikkel het sodat ’n man die semen van ’n ander een kon "uitskep" uit die dieper dele van die vagina en so die kans van die ander man sou verklein om die vrou swanger te maak. Daar word ook gereken dit het ontwikkel om die vrou se plesier te verhoog tydens seks.

Diere ’n Groot verskeidenheid vorms word by die eikel van diere aangetref. Sommige beslaan feitlik die helfte van die penis, terwyl ander klein en stekelrig is.

Sien ook Penis Voorhuid

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Bekken Kategorie:Andrologie Kategorie:Geslagsorgane