__NOTOC__ Die Ingula-pompopgaarskema (voorheen bekend as Braamhoek) is tussen 2005 en 2017 deur Eskom en CMC Impregilo Mavundla ('n gesamentlike onderneming) teen die hange van die Klein Drakensberge op die grens tussen die Vrystaat en KwaZulu-Natal, Suid-Afrika opgerig.
Die skema bestaan uit 'n boonste (Bedforddam) en 'n onderste dam (Bramhoekdam) 4,6 km van mekaar af en verbind deur tonnels. Die ondergrondse kragsentrale huisves 4 x 333 MW omkeerbare pompturbines. Die skema is teen 'n koste van R27 miljard gebou en is in 2017 in werking gestel.http://www.iol.co.za/scitech/science/environment/cavern-a-powerhouse-for-electricity-1.1105192
Die opgaar-elektrisiteitsaanleg word gebruik om gedurende spits-aanvraagtye van die dag bykomende elektrisiteit op kort kennisgewing op te wek. Gedurende die nag word oortollige krag op die netwerk, wat deur konvensionele steenkool- en kernkragstasies opgewek word, gebruik om water na die boonste reservoir te pomp.
Stoorkapasiteit Die energiestoorkapasiteit is 21 000 MWh of 15,8 uur se opwekking.
Sien ook Eskom Impregilo Lys van grootste damme in Suid-Afrika
Verwysings
Eksterne skakels Eskom se Ingula-pompopgaarskema Ingula South Africa
Kategorie:Damme van Suid-Afrika Kategorie:Ekonomie van Suid-Afrika Kategorie:Hidroëlektrisiteit Kategorie:Kragsentrales Kategorie:KwaZulu-Natal Kategorie:Vrystaat