Fetisj stuur hierheen aan. Vir die begrip in okkultisme, sien fetisjisme.

duimnael|200px|'n Voetfetisj is een van die algemeenste soorte fetisj

Seksuele fetisjisme of erotiese fetisjisme is 'n vorm van fetisjisme waar 'n persoon seksuele genot put uit 'n fisieke voorwerp, situasie of liggaamsdeel. Die voorwerp of situasie word die fetisj genoem, en die persoon wat ’n fetisj daarvoor het, is 'n fetisjis. 'n Seksuele fetisj kan wissel van 'n praktyk wat ekstra plesier in 'n verhouding verskaf, soos een maat wat ’n sekere kledingstuk dra, tot 'n afwyking wat groot sielkundige stres veroorsaak by die fetisjis.

Naam en konsep Die term "fetisj" kom van die Franse woord fétiche, wat weer uit Latyn afgelei is van facticius ("kunsmatig") en facere ("om te maak"). 'n Fetisj in die algemeen is 'n voorwerp wat volgens sekere mense bonatuurlike magte het. Die term "seksuele fetisj" is die eerste keer deur die Franse sielkundige Alfred Binet gebruik.Binet, A. (1887). "Du fétichisme dans l’amour" [=Fetishism in love] in: Revue Philosophique, 24, pp. 143–167 'n Fetisjis raak opgewonde wanneer hulle dink aan iets wat met die fetisj verband hou of dit sien. Dit word dikwels in pornografie gebruik wat gerig is op mense met 'n spesifieke smaak. 'n Fetisj kan veral aanvanklik baie stres by iemand veroorsaak, maar later in 'n persoon se lewe kan hy kontak maak met ander mense met 'n soortgelyke fetisj. Dit is veral deesdae maklik danksy die internet. 'n Groot mate van fetisjisme kom ook in BDSM voor.

Voorbeelde Voorbeelde van seksuele fetisje is: Borste Boude Bene Voete Sweet Hare Oksels Rubber en lateks Luiers Urine (watersports) Skoene Melk Vroueklere (by mans) Bloed

Verwysings

Kategorie:Parafilies