Hanau, wat ter ere van sy bekendste boorlinge, die Gebroeders Grimm, die amptelike bynaam Brüder-Grimm-Stadt dra, is die sesde grootste stad in die Duitse deelstaat Hesse met 'n bevolking van omstreeks 90 000. Hanau is in die ooste van die Ryn-Maingebied aan die monding van die Kinzigrivier in die Main geleë. Die historiese residensiestad van die here en grawe van Hanau dien vandag as die ekonomiese en kulturele sentrum van die administratiewe distrik Main-Kinzig.
Hanau het 'n lang tradisie as nywerheidstad en steun tans veral op die dienste- en hoëtegnologiesektor.Markus Berger: Freizeitführer Südhessen. Gudensberg-Gleichen: Wartberg 2013, bl. 93-100
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Hesse