Die Rockviewdam is een van twee damme in die Palmiet-pompopgaarskema, die ander is die laerliggende Kogelbergdam in die Palmietrivier, suid van Grabouw in die Wes-Kaap van Suid-Afrika.
Rockviewdam is die hoërliggende dam op die waterskeiding tussen die Palmiet- en die Steenbrasrivier. Buite elektrisiteit spitstyd word water van die Kogelberg- na die Rockviewdam gepomp. Van daar vloei water wat spesifiek aan die Departement van Waterwese toegeken is, vir lewering aan verbruikers langs 'n afsonderlike tonnel deur swaartekrag na die Steenbrasreservoir.
Sien ook Lys van grootste damme in Suid-Afrika
Kategorie:Damme van Suid-Afrika Kategorie:Hidroëlektrisiteit Kategorie:Wes-Kaap