Die Bedforddam is een van twee nuwe damme in die Ingula-pompopgaarskema, die ander is die laerliggende Bramhoekdam, noord-oos van Van Reenenspas, KwaZulu-Natal, Suid-Afrika.
Bedforddam is die hoërliggende dam op die eskarp van die Klein Drakensberge op die grens tussen die Vrystaat en KwaZulu-Natal, dit is ook die waterskeiding tussen die Vaal- en Tugelariviere. Buite elektrisiteit spitstyd word water van die Bramhoek- na die Bedforddam teruggepomp.
Sien ook Lys van grootste damme in Suid-Afrika
Kategorie:Damme van Suid-Afrika Kategorie:Hidroëlektrisiteit Kategorie:Vrystaat