Die Grootblaarsekelbos (Dichrostachys cinerea subsp. nyassana) is 'n klein boompie (tot 5 m hoog) of 'n vertakte struik. In Suid-Afrika word dit aangetref in Noordwes, Limpopo, Mpumalanga en KwaZulu-Natal. Dit is volop in grasryke bosveld en in die Krugerwildtuin waar dit in die westelike graniet en sanderige gedeeltes voorkom. Dit is 'n dominante boom in die Pretoriuskoparea. Buite Suid-Afrika is dit inheems in Angola, Botswana, Burundi, Demokratiese Republiek die Kongo, Eswatini, Malawi, Mosambiek, Rwanda, Tanzanië, Uganda, Zambië en Zimbabwe.

Die 4 cm lange blom-aar se pienk gedeelte bestaan uit onvrugbare blomme en die geel gedeelte uit vrugbare tweeslagtige blomme. Die plat, donkerbruin peule kan tot 10 cm lank en 1 cm breed word. Hulle bars nie oop nie en val in trosse af.

Die hout is soortgelyk aan subsp. africana. Touwerk word van die lewende bas gemaak, die stamme word as houtpale vir omheinings gebruik en 'n infusie van die bas en wortels word medisinaal gebruik. Die peule is baie voedsaam en word deur grootvee en wild gevreet.

Die boom is 'n subspesie van die sekelbos.

Galery

Sien ook

Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronnelys Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Burundi Kategorie:Flora van die Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Rwanda Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Uganda Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe