Die Sopwith Camel was 'n Britse dubbeldekker vliegtuig van die Eerste Wêreldoorlog en dit is een van die bekendste vliegtuie van die oorlog. Die vliegtuig is ontwikkel uit die Sopwith Pup wat dit uiteindelik vervang het. Die amptelike naam vir die vliegtuig is Sopwith Biplane F.1 maar het onder sy bynaam bekend geraak.

Ontwikkeling Die eerste prototipe was toegerus met 'n 110 perdekrag Clerget 9Z motor en het te Brooklands sy eerste vlug voltooi op 26 Februarie 1917 en die F.1/3 produksiemodel het onmiddellik gevolg. Die vliegtuig was uiteindelik toegerus met 'n 130 perdekrag Clerget enjin en twee Vickers-masjiengewere. Die Camels was toegerus met 'n verskeidenheid motors behalwe die Clerget 9B ook die Bentley BR1, Gnome Monosoupape en Le Rhône 9j.

As gevolg van die vliegtuig se ontwerp was die gravitasiepunt redelik voor, met die motor, bewapening, vlieënier en brandstof in die voorste 2.17 m van die vliegtuig het dit uitdagings gebied aan die vlieëniers. Eerstens was die kontroles baie sensitief en tweedens kon dit maklik draai as gevolg van die gewig aan die voorkant. Dit het ook tot gevolg gehad dat menige onervare vlieënier in ongelukke betrokke was met die vliegtuig; sommige noodlottig.

Een aksie van die Camel was uniek: Die vliegtuig kon as gevolg van die wringkrag skerp na regs draai; ervare vlieëniers het 'n 270° draai na regs gemaak in stede van net links en kon dit tot hulle voordeel gebruik in luggevegte. Hierdie beweging het sy risiko's gehad; die neus wou net afwaarts neig terwyl 'n links draai die vliegtuig wou laat klim het.

Tydens die Slag van Cambrai in Maart 1918 het kaptein J.L. Trollope van 43 Eskader op 24 Maart ses vyandelike vliegtuie afgeskiet.

Die vliegtuig was amptelik verantwoordelik vir 1,634 slagoffers tydens die oorlog.

Tegniese besonderhede + Besonderhede van die Sopwith F.1 Camel: Item Statistiek Aantal motors1 Tipe motorSkroef VervaardigerClerget 9-silinder lugverkoelde enjin Kraglewering per motor130 perdekrag Vlerkspan8,53 m Lengte5,72 m Hoogte2,6 m Vlerkoppervlakte21,46 m2 Maksimum opstygmassa659 kg Maksimum snelheid188 km/h Operasionele hoogte5 790 m Uithouvermoë2.5 uur Klimvermoë3,050 m in 10 minute, 35 sekondesBewapeningTwee gesinchroniseerde Vickers 7,7 mm masjiengewere op neusplus vier 11,35 kg bomme onder die romp.

Sien ook Lys van vegvliegtuie

Bronnelys Collier's Encyclopedia Vol. 23 Bladsy 254. Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015.

Eksterne skakels

Kategorie:Vegvliegtuie Kategorie:Vliegtuie van die Eerste Wêreldoorlog