Die Bramhoekdam is een van twee nuwe damme in die Ingula-pompopgaarskema, 'n reuseprojek deur Eskom. Die ander dam is die hoërliggende Bedforddam, noord-oos van Van Reenenspas, KwaZulu-Natal, Suid-Afrika.

Bramhoekdam is die laerliggende dam (aan die Natalkant) op die waterskeiding tussen die Vaal- en Tugelariviere. Buite elektrisiteit spitstyd word water van die Bramhoek- na die Bedforddam teruggepomp deur die turbines in die spesiale tonnel in die bergwand.

Sien ook Lys van grootste damme in Suid-Afrika

Kategorie:Damme van Suid-Afrika Kategorie:Hidroëlektrisiteit Kategorie:Wes-Kaap