duimnael|links|250px|Brooklyn Museum - "Boats on the Hudson" geskilder deur Francis Augustus Silva

Die Hudsonrivier (Engels: Hudson River, [ˈhʌdsn̩ˌɹɪvɚ]) is 'n 507 km-lange rivier wat van noord na suid vloei, hoofsaaklik deur die ooste van die staat New York in die Verenigde State. Die rivier het sy oorsprong by Hendersonmeer in Newcomb, New York, in die Adirondack Park, dit vloei suidwaarts verby die hoofstad Albany, en uiteindelik vorm dit die grens tussen New York Stad en die Amerikaanse deelstaat New Jersey by sy monding, voor dit uitmond in die Opper-New Yorkbaai. Die amptelike hidrologiese bron van die Hudsonrivier is "Tear of the Clouds"-meer in die Adirondack-gebergte. Die laer helfte van die rivier is 'n getymonding op die Hudson Fjord, wat tydens die mees onlangse tydperk van Noord-Amerikaanse vergletsering gevorm het, volgens skatting ongeveer 26 000 tot 13 300 jaar gelede. The Hudson as Fjord New York State se Department Omgewingsbewaring Getyvloei beïnvloed die Hudson se vloei van so ver noord as Troy, New York.

Verwysings

Kategorie:New Jersey Kategorie:New York (stad) Kategorie:Riviere in die Verenigde State van Amerika