Die kuskanferbos (Tarchonanthus littoralis) is 'n struik tot 'n klein boom wat deel van die Asteraceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom langs die kus in KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap en die Wes-Kaap voor.

Die blare is grysgroen met fyn kreukels aan die bokant, witterig en viltagtig aan die onderkant en gaafrandig tot fyngetand. Indien die blare gekneus word ruik dit aromaties. Die boom lyk baie soos die kanferbos.

Die boom se FSA-nommer is 733.2.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013

Kategorie:Bome van Afrika littoralis Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika