Die Suurbergkussingbos (Oldenburgia grandis) is 'n boom en spesies in die genus Oldenburgia. Die boom kom voor in die grasbedekte sandsteenheuwels om Grahamstad. Die blare is groot, sterk en regop. Hulle is aan die bokant gekwilt en bleek roomkleurig en wollerig aan die onderkant. Die blomhofies is groot. Op die SANBI-rooilys is die plant as veilig (LC) gelys. Dit is endemies aan Suid-Afrika. Die plant kom in die Natuurreservaat Thomas Baines voor wat gedeeltelik by die ekostreek rivierklowe van Maputa- tot Pondoland behoort. Dit word deur die Palmietrivier deurkruis.
duimnael|links|'n Suurbergkussingbos
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronnelys Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 Plants of the World Online
Eksterne skakels
Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Oldenburgia Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika