Die Blougaai (Cyanocitta cristata) is 'n sangvoël inheems aan Noord-Amerika. Hulle het opvallende laventelblou vere op die kop en rug. Vere op die onderlyf is gebroke wit. Hulle het 'n swart kraag om die nek en word ongeveer 30 cm lank.Animal Life, Tirion Uitgewers BV, Baarn.
Verspreiding Die blougaai kom oor 'n groot deel van die oostelike helfte van die Verenigde State van Amerika voor. Hulle is talryk in gemengde bos, maar is ook algemeen in parke en tuine.
Dieet Blougaaie is omnivore wat 'n verskeidenheid voedselsoorte benut. Hulle vreet onder andere sade, bessies, grondboontjies en brood, maar ook vleis, eiers en klein ongewerwelde diertjies.
Voortplanting Modder word gebruik om die nes in 'n geskikte boom of groot struik te bou. Beide die mannetjie en die wyfie bou saam aan hul nes. Daarna lê die wyfie haar eiers wat na 16 tot 18 dae uitbroei. Hulle maak die kuikens saam groot.
Fotogalery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Verwysings
Kategorie:Sangvoëls