Duncan Village is 'n swart woonbuurt in die Buffalo City Metropolitaanse Munisipaliteit in die Oos-Kaap provinsie van Suid-Afrika. Duncan Village is genoem na sir Patrick Duncan (1870–1943), die sesde goewerneur-generaal van die Unie van Suid-Afrika.
Op 11 Augustus 1985 was Duncan Village die toneel van ernstigge geweld, na aanleiding van die begrafnis van die vermoorde UDF-leier Victoria Mxenge in Rayi dorp. Terugkerende roubeklaers het brandstigting gepleeg en aanvalle en geweld het voortgeduur tydens die opvolgende dae, uiteindelik is 19 mense dood en 138 beseer.
Verwysings
Kategorie:Kusstede Kategorie:Nedersettings in die Oos-Kaap