Die rivierkriedoring (Lycium hirsutum) is 'n boom wat voorkom op kalkgrond en langs stroomoewers in die Karoo. Die spesie is inheems aan Suid-Afrika, maar nie endemies nie. Dit kom veral in die Vrystaat, Noordwes en die Noord-Kaap voor, maar ook in Namibië en die Oos- en Wes-Kaap. Op die SANBI-rooilys is dit as veilig (LC) gelys.
Die boom het neerhangende takke, en harige, klein blare. Die boom se FSA-nommer is 669.12.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronne Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 Plants of the World Online
Eksterne skakels
Kategorie:Bome van Afrika hirsutum Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika