duimnael|Paar van Weerdinge duimnael|Paar van Weerdinge 1904
Die Paar van Weerdinge is twee naakte veenlyke wat op 29 Junie 1904 deur die veenarbeider Hilbrand Gringhuis by Weerdinge in Drenthe, Nederland ontdek is. Hulle is nou in die Drents-museum in Assen.
Vonds Nadat hulle gevind is, is die lyke na ’n lykhuis in Nieuw-Weerdinge geneem, opgerol en ’n kis gestop.Gerding, M & Hillinga, H. (2007). Het Drenthe Boek. Zwolle: Waanders Uitgevers. Aanvanklik is gemeen dit is ’n man en vrou en is hulle die "Egpaar van Weerdinge" genoem, of grappenderwys in die volksmond "Mnr. en Mev. Veenstra". ’n Onlangse DNA-ondersoek het getoon dit is twee mans met aparte moeders en hul naam is verander na die Paar van Weerdinge.
Die twee lyke dateer uit die Ystertydperk. Die een is moontlik met ’n mes in die bors gesteek; sy ingewande het uit die wond gepeul. Die oorsaak van die ander se dood is onbekend.
Verwysings
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Nederlandse Wikipedia
Kategorie:Prehistoriese mense