duimnael|Kaart van die Nasionale Padstelsel Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Beperk) (Engels: South African National Roads Agency, afgekort SANRAL) is 'n Suid-Afrikaanse publieke maatskappy wat verantwoordelik is vir die bestuur, instandhouding en ontwikkeling van Suid-Afrika se nasionale padnetwerk. SANRAL is in 1998 ingevolge die wet op die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap Beperk en Nasionale Paaie, wet nr. 7 van 1998, gestig. Hulle hoofkantoor is in Hatfield, Pretoria, Gauteng.

e-tol

Op 3 Desember 2013 stel SANRAL 'n omstrede e-tolstelsel op die hoofweë van Gauteng in werking. Die paaie wat hierdeur geraak word is die N1, N3, N12 en die R21. Motoriste wat die paaie gebruik kan 'n e-skyfie koop of 'n dagpas aanskaf. Rekeninge word uitgestuur aan padgebruikers wat nie by SANRAL geregistreer is nie.

Sien ook Nasionale paaie in Suid-Afrika

Verwysings

Eksterne skakels SANRAL se amptelike webtuiste

Kategorie:Nasionale Paaie in Suid-Afrika Kategorie:Pretoria Kategorie:Suid-Afrikaanse maatskappye