Ludwig Wilhelm Erhard (* 4 Februarie 1897 in Fürth; † 5 Mei 1977 in Bonn) was 'n Duitse politikus (CDU) wat tussen 1949 en 1963 as federale minister van ekonomie en tussen 1963 en 1966 as tweede bondskanselier van Wes-Duitsland gedien het.

Erhard, wat sy doktersgraad in ekonomie aan die Johann Wolfgang Goethe-Universiteit van Frankfurt am Main verwerf het, het 'n leidende rol in die na-oorlogse ekonomiese hervormings en herstel in Wes-Duitsland gespeel, veral as minister van ekonomie in kanselier Konrad Adenauer se kabinet voordat hy in 1963 self kanselier geword het. Met sy steun vir 'n sosiale markekonomiese stelsel, wat hy in sy leuse Wohlstand für alle ("Welvaart vir almal") opgesom het, het hy 'n vinnige ekonomiese opswaai bevorder waarna as die "ekonomiese wonder van Duitsland" (Wirtschaftswunder) verwys word.

Kategorie:Eerste Ministers van die Bondsrepubliek Duitsland Kategorie:Duitse ministers Kategorie:Ministers van Ekonomie Kategorie:Geboortes in 1897 Kategorie:Sterftes in 1977