Die Slag van Vlakfontein het op 29 Mei 1901 tydens die Tweede Vryheidsoorlog plaasgevind. 'n Boeremag onder leiding van generaal Jan Kemp het 'n Britsemag onder leiding van generaal Dixon aansienlike ongevalle toegedien. Vlakfontein is die plaas waar die Rustenburg/Ventersdorp en Koster/Hekpoort wa-paaie kruis. Generaal Kemp het oor 'n mag van 400-500 burgers beskik.

Sien ook Skermutselinge van die Tweede Vryheidsoorlog

Bron The War Reporter. J.E.H. Grobler. Jonathan Ball Publishers. 2004.

Vlakfontein