Die saalpeultjieboom (Wrightia natalensis) is 'n middelgroot boom wat voorkom noord vanaf Port St. Johns, Eswatini, Mosambiek, die Lebomboberge en tot in die suide van Zimbabwe asook Mosambiek. Die boom is nie baie algemeen nie en groei in droë woud en op hellings. Die boom se blare is neerhangend, smal ellipties en liggroen. Die peule kan tot 300 mm lank word.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronne Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 Plants of the World Online REDLIST Sanbi
Eksterne skakels
Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Zimbabwe