Shirley Temple (23 April 1928 – 10 Februarie 2014) was 'n Amerikaanse aktrise en diplomaat. Sy het reeds vroeg in haar lewe roem verwerf. Die meisie met die goudblonde krulle en vonkelende oë word deur baie as die bekendste kinderster in die geskiedenis van film beskou. Sy het tussen 1932 en 1949 in meer as vyftig Amerikaanse rolprente gespeel.

Beknopte biografie Shirley Jane Temple is op 23 April 1928 in Santa Monica in die Amerikaanse staat Kalifornië gebore. Sy begin haar loopbaan op driejarige ouderdom en het gou 'n bekende kindergesig op die silwerdoek geword.

Temple was twee keer getroud: eers met John Agar (in 1945 toe sy 17 jaar oud was) en in 1950 met die Amerikaanse oorlogsveteraan Charles Alden Black. As volwassene was sy 'n ambassadeur. Sy het die naam Shirley Temple Black gebruik.

Temple is op 10 Februarie 2014 op 85 jarige ouderdom oorlede. Sy word deur drie kinders, 'n kleindogter en twee agterkleindogters oorleef.Kinderster Shirley Temple sterf, Beeld 11 Februarie 2014

Filmografie Hieronder is die films waarin Temple verskyn het (kortfilms is nie gelys nie):

Jaar Titel Rol 1932 The Red-Haired Alibi Gloria Shelton 1933 Out All Night Kind To the Last Man Mary Stanley 1934 Carolina Joan Connelly Mandalay (film)|Mandalay Mandy Shaw As the Earth Turns Kind Stand Up and Cheer! Shirley Dugan Change of Heart Shirley Little Miss Marker Marthy 'Marky' Jane Now I'll Tell Mary Doran Baby Take a Bow Shirley Ellison Now and Forever Penelope 'Penny' Day Bright Eyes Shirley Blake 1935 The Little Colonel Lloyd Sherman Our Little Girl Molly Middleton Curly Top Elizabeth Blair The Littlest Rebel Virginia 'Virgie' Cary 1936 Captain January Helen 'Star' Mason Poor Little Rich Girl Barbara Barry Dimples Sylvia 'Dimples' Dolores Appleby Stowaway Barbara 'Ching-Ching' Stewart 1937 Wee Willie Winkie Priscilla 'Winkie' Williams Heidi Heidi Kramer 1938 Rebecca of Sunnybrook Farm Rebecca Winstead Little Miss Broadway Betsy Brown Shea Just Around the Corner Penny Hale 1939 The Little Princess Sara Crewe Susannah of the Mounties Susannah 'Sue' Sheldon 1940 The Blue Bird Mytyl Young People Wendy Ballantine 1941 Kathleen Kathleen Davis 1942 Miss Annie Rooney Annie Rooney 1944 Since You Went Away Bridget 'Brig' Hilton I'll Be Seeing You Barbara Marshall 1945 Kiss and Tell Corliss Archer 1947 Honeymoon Barbara Olmstead The Bachelor and the Bobby-Soxer Susan That Hagen Girl Mary Hagen 1948 Fort Apache Philadelphia Thursday 1949 Mr. Belvedere Goes to College Ellen Baker Adventure in Baltimore Dinah Sheldon The Story of Seabiscuit Margaret O'Hara/Knowles A Kiss for Corliss Corliss Archer

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Geboortes in 1928 Kategorie:Sterftes in 2014 Kategorie:Amerikaanse aktrises van die 20ste eeu