Air Mauritius Limited, wat as die lugredery Air Mauritius handel dryf, is die vlagdraer van Mauritius. Die lugredery se hoofkwartier is in die Air Mauritius-sentrum in Port Louis, Mauritius, en sy spilpunt is die Sir Seewoosagur Ramgoolam Internasionale Lughawe.
Die maatskappy is die vierde grootste lugredery in Afrika besuide die Sahara, en het 'n belangrike plek in die Europese, Afrika- en die Indiese Oseaan-streeksmark. Die redery het die "2011 Indian Ocean Leading Airline"-prys verower, die sewende agtereenvolgende jaar dat dit dié prys ontvang.
Dit verskaf ook 'n verskeidenheid tegniese dienste aan internasionale lugrederye wat Mauritius aandoen.
Vloot duimnael|regs|300px|'n Airbus A340-300 van Air Mauritius styg op. Die vloot van Air Mauritius bestaan uit die volgende vliegtuie (Junie 2024) +Air Mauritius vloot soos op 2 Junie 2024ModelAantalNotasATR 72 4 3 ATR 72-500 en 1 ATR 72-600Airbus A33042 A330ceo en 2 A330neoAirbus A350 XWB4Totaal13 duimnael|senter|450px|'n Deel van Air Mauritius se Airbusvloot.
Verwysings
Kategorie:Lugrederye Kategorie:Mauritius