220px Spessart

Maak deel uit van die Suidwes-Duitse Platorand

Strek oor die deelstate Hesse en Beiere

Oppervlakte 2 440 km²

Ligging in Duitsland 200px

Hoogste bergpiek Geiersberg (586 m) Die Spessart is 'n Suidwes-Duitse middelgebergte tussen Vogelsberg, Rhön en Odenwald wat oor die deelstate Beiere en Hesse strek en een van die grootste bosgebiede in die land (merendeels beuke- en eikebome). Die hoogste bergpiek met 586 meter bo seevlak is die Geiersberg in die dig beboste Hoë Spessart. Twee natuurparke is in die bergreeks geleë, die Natuurpark Hessiese Spessart (740 km²) en die Natuurpark Spessart in Beiere (1 700 km²). 'n Aantal skaars plantspesies word in die gebied aangetref.

Die bergreeks se naam is afgelei van die Duitse terme Specht ("speg") en Hardt ("bergwoud") en beteken dus "Woud van spegte".Konrad Kunze: dtv-Atlas Namenkunde. München: Deutscher Taschenbuch Verlag 1998, bl. 101

Verwysings

Kategorie:Beiere Kategorie:Bergreekse in Duitsland Kategorie:Hesse