Dr. Pieter Willem Marais (5 Mei 1929 – 9 Februarie 2014) was 'n skrywer en predikant van die NG Kerk. Hy was bekend as 'n voortreflike prediker en was die outeur van 54 boeke en honderde artikels, brosjures, pamflette en traktaatjies. Een van sy boekies: Die Heerlikheid Van Ons Verlossing, is in 32 tale vertaal en dwarsoor die wêreld versprei.Dr. Willie Marais (1929-2014) – VDM!, besoek op 10 Februarie 2014

Biografie Pieter Willem Marais is op 5 Mei 1929 in Christiana gebore. Sy vader was Andries Stephanus Marais en sy moeder Elizie Catharina du Toit.

Hy verwerf in 1949 'n graad in B.A.-Admissie van die U.K.O.V.S. In 1953 word hy aan die kweekskool te Stellenbosch gelegitimeer. Die daaropvolgende jaar is hy op 3 April 1954 as predikant van die Bosmanstraatkerk in Pretoria georden. In 1969 verwerf hy 'n D.D.-Graad aan UNISA.

Marais was met Maryna Otto getroud. Drie kinders, en uiteindelik vyf kleinkinders, is uit die huwelik gebore.

Hy het sewe gemeentes oor sy lewe bedien, naamlik: Pretoria, Odendaalsrus, Brixton, Olifantshoek, Krugersdorp, Bloemfontein en Pretoria-Oos.

In 1981 word hy die besturende direkteur van Trans Wêreld Radio, Suid-Afrika (TWR-SA). Op 1 Augustus 1983 is hy as Predikant in Sinodale Diens, Ampsbediening en Evangelisasie vir Noord-Transvaal aangestel.

Doktor Marais het 'n weeklikse radioprogram vir Radiokansel behartig. Hy het op 5 Mei 1994 met eervolle ontslag afgetree, maar het daarna steeds by verskeie gemeentes op uitnodiging gepreek.

Hy is op 9 Februarie 2014 oorlede.

Bibliografie Enkele van sy boeke: Die Bybel is nog altyd reg: 2009, http://www.eeds.co.za/docs/bybelreg.pdf The Glory of our salvation: 2010, http://www.eeds.co.za/docs/glory.pdf A Biblical view of the cosmos, the earth is stationary: 2010, http://www.eeds.co.za/docs/cosmos.pdf Die Weg tot saligheid: radio boodskap, 1957 Ontwaak my siel!. Hart Kolportasie Boekery, 1958 Belydenisdoop of verbondsdoop, N.G. Kerk-Uitgewers, 1986, Moet elkeen 'n datum hê?, N.G. Kerk-Uitgewers, 1972, Die terugkoms, Hart-Kolportasie-Boekery, 19?? (medeskrywer) Die nuwe lewe in Christus, VG Uitgewers, 2007, Die Bybel en ons bydraes, NG Kerkboekhandel, 1988, Josef, die heerser, Aktuapers, 1990, Onderdompeling of besprinkeling, N.G. Kerkboekhandel, 1977, Vrae oor die kinderdoop, besprinkeling en wederdoop beantwoord, N.G. Kerkboekhandel, 1982, Ek glo in die Bybel: is die Bybel vandag nog relevant?, Aktua Pers, 2002, Lyding in die leerskool van God, N.G. Kerkboekhandel, 1982, Hy sorg vir julle (Uitgawe 2), Aktuapers, 1996, Koning Agrippa, Hart Uitgewers, 1967 Afgetree of werkloos: wat nou?, Aktua Pers, 2000, Die geestelike toestand van die kerk, 19?? Waarom ek glo dat kindertjies gedoop moet word, N.G. Kerkboekhandel, 1977, Die kinderdoop skriftuurlik verdedig, Universiteit van Stellenbosch, 1959 Gebed en genesing, Aktua Pers, 1997, Here leer ons bid, Aktuapers, 1987, 'n Man van God gestuur, Aktua Pers, 2000, Saggéüs die tollenaar: hoe word ons salig?, N.G. Kerk-Uitgewers, 1974, Die weg na geluk, Die Landstem-Hulpfonds, 19?? Josef en sy mense, Aktuapers, 1990, Wonder en wetenskap, Aktuapers, 1996, Persoonlike werk, Skool vir Blindes, 1975 Die Tien woorde van God (2de uitgawe), NG Kerkboekhandel Transvaal, 1990, Ons dode lewe (2de uitgawe), Aktuapers, 1994 Die Hemel - en hoe om daar te kom, Brailledienste, 1965 Onder ewige vleuels, Aktuapers, 1995, Die Kinderdoop en besprenkeling ja of nee?, W&M Uitgewers, 1974 (saam met D. Oosthuizen) Josef 'n droomdebuut, Aktuapers, 1989, Die Wonder van die wedergeboorte, Aktuapers, 1994, Luister en Lewe, Deel 1, J. P. Van der Walt & Son, 1992, Word 'n wenner, Aktuapers, 1993, Is jy bekommerd?, Aktuapers, 1993, Die Christelike doop, Aktua Pers, 1997, God sorg vir ons, Aktua Pers, 2001, Afgetree! Wat nou?, HAUM, Gelouter deur lyding, Aktuapers, 1995, Aktuele sake, Anrics, 2001, Geloftedag en die toekoms van die Afrikaner, Anrics, 1996, Leierskap, Aktua Pers, 1991,

Verwysings ‘n Kritiese Evaluering van Dr. Willie Marais se Prediking, Universiteit van Pretoria, 2006

Eksterne skakels Gratis preke en boeke" Engelse vertaling van "Die Heerlikheid Van Ons Verlossing"

Kategorie:Predikante van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Kategorie:Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1929 Kategorie:Sterftes in 2014