Nosiviwe Mapisa-Nqakula (gebore 13 November 1956) is 'n Suid-Afrikaanse politikus. Sy was van 2004 tot 2009 die Minister van Binnelandse Sake. Vanaf 2009 tot 2012 het sy as die Minister van Korrektiewe dienste gedien in die kabinet van president Jacob Zuma. In Junie 2012 is sy as die Minister van Verdediging en Militêre Veterane aangestel, 'n pos wat sy tot 5 Augustus 2021 beklee het.

Sy is op 19 Augustus 2021 as die Speaker van die Nasionale Vergadering aangewys, 'n pos wat sy tot 3 April 2024 beklee het.

In Maart 2024 het die polisie op Mapisa-Nqakula se woning in Johannesburg toegeslaan as deel van ’n geregtelike ondersoek na die omkoperybewerings wat gemaak is toe sy minister van verdediging was.

Verwysings

Eksterne skakels Nosiviwe Mapisa-Nqakula op People's Assembly

Kategorie:Geboortes in 1956 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Lede van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van binnelandse sake Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van korrektiewe dienste Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van verdediging Kategorie:Politici van die African National Congress Kategorie:Xhosas