Hendrik Jacobus "Kobie" Coetsee (19 April 1931 - 29 Julie 2000) was 'n Suid-Afrikaanse prokureur en politikus. Hy was van 7 Oktober 1980 tot 31 Maart 1993 die Minister van Justisie. Van 1 April 1993 tot 11 Mei 1994 het hy as die Minister van Verdediging gedien. Hy het ook as onderhandelaar vir die Nasionale Party tydens die land se oorgang na 'n volledige demokrasie opgetree. Na die verkiesing van 1994 is hy tot president van die senaat verkies (later na die Nasionale Raad van Provinsies hernoem). Hoewel die ANC 'n gemaklike meerderheid gehad het, beklee hy hierdie posisie tot in 1997.

Biografie Hendrik Jacobus Coetsee is op 19 April 1931 in Ladybrand, 'n landboudorp in die Oos-Vrystaat, gebore. Hy het regte aan die Universiteit van die Vrystaat gestudeer en hom as 'n prokureur gekwalifiseer.

Coetsee is in 1956 getroud en het twee seuns en drie dogters gehad, maar blykbaar 'n jarelange skelm verhouding met die politikus Adrienne Koch gehad. 'n Lewe: Formidabele senator was ook minister se skelmpie. URL besoek op 24 Januarie 2018.

Hy is op 29 Julie 2000 in Bloemfontein aan 'n hartaanval oorlede.

Verwysings

Kategorie:Politici van die Nasionale Party Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van justisie Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van verdediging Kategorie:Suid-Afrikaanse regsgeleerdes Kategorie:Afrikaners Kategorie:Geboortes in 1931 Kategorie:Sterftes in 2000 Kategorie:Suid-Afrikaanse advokate