Lindiwe Nonceba Sisulu (gebore 10 Mei 1954) is 'n Suid-Afrikaanse politikus, van 1994 tot 2023 'n lid van die parlement en die African National Congress (ANC) se Nasionale Uitvoerende Komitee, en van Mei 2019 tot Augustus 2021 minister van menslike nedersettings, water en sanitasie in die tweede kabinet van Cyril Ramaphosa, en laaste minister van toerisme. President Cyril Ramaphosa het haar in Maart 2023 uit sy kabinet afgedank, wat haar bedanking uit die Nasionale Vergadering aanleiding gegee het.

Sisulu dien in die kabinette van Jacob Zuma van 2004 tot 2009 as minister van behuising, van 2009 tot 2012 as minister van verdediging en militêre veterane, van 2012 tot 2014 as minister van staatsdiens en administrasie, van 2014 tot 2018 as minister van menslike nedersettings, en in die eerste kabinet van Cyril Ramaphosa van 2018 tot 2019 as minister van internasionale betrekkinge en samewerking.

Lindiwe Sisulu is die dogter van Albertina Thetiwa en Walter Sisulu, in lewe beide prominente anti-apartheidaktiviste van die ANC. Sy is die suster van die joernalis Zwelakhe Sisulu en die politikus Max Sisulu, albei ANC-lede.

Dagvaarding deur die Stad Johannesburg In April 2019 word Sisulu deur die Johannesburgse Metro gedagvaar vir die vereffening van 'n water-en-elektrisiteitrekening wat R537 000 beloop het by een van haar wonings in Bellevue, Johannesburg. Volgens die Sunday Times het Sisulu hierdie rekening tussen 2010 en 2014 opgeloop terwyl sy minister van menslike nedersettings was. 'n Senior amptenaar in die stadsraad wat verbonde is aan die ANC het Sisulu se skuld aan die stadsraad in 2015 onwettig gekanselleer, wat Sisulu in staat gestel het om 'n belastingsertifikaat te ontvang sodat sy die huis kon verkoop.

Verwysings

Eksterne skakels

Lindiwe Sisulu op People's Assembly

Kategorie:Suid-Afrikaanse anti-apartheidsaktiviste Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van behuising Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van buitelandse sake Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van staatsdiens en administrasie Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van verdediging Kategorie:Geboortes in 1954 Kategorie:Politici van die African National Congress Kategorie:Lewende mense Kategorie:Lede van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika Kategorie:Xhosas Kategorie:Anti-apartheidsaktiviste