Die Lopingium is in die geologiese tydskaal die laaste epog of serie in die periode/sisteem Perm. Dit het van sowat 259,8 tot 252,2 miljoen jaar gelede geduur. Gradstein, F.M.; Ogg, J.G.; Schmitz, M.D. & Ogg, G.M.; 2012: A Geologic Time Scale 2012, Elsevier, Dit is voorafgegaan deur die Guadalupium en gevolg deur die Vroeë Trias.

Die Lopingium word onderverdeel in twee tydsnedes of etages: die Wuchiapingium en Changhsingium. Dit was ’n tydperk met ’n buitengewoon kontinentale klimaat met groot droogte.

Verwysings

Kategorie:Perm