Die Pennsylvanium is in die geologiese tydskaal die laaste epog of serie in die periode/sisteem Karboon. Dit het van sowat 323,2 tot 298,9 miljoen jaar gelede geduur. Gradstein, F.M.; Ogg, J.G.; Schmitz, M.D. & Ogg, G.M.; 2012: A Geologic Time Scale 2012, Elsevier, Dit is voorafgegaan deur die Mississippium en gevolg deur die Sisuralium van die Perm-periode.
Die Pennsylvanium is genoem na die Amerikaanse deelstaat Pennsilvanië en word onderverdeel in vier tydsnedes of etages: die Bashkirium, Moskovium, Kasimovium en Gzhelium.
In Noord-Amerika is die Karboon vroeër beskou as twee aparte periodes, die Mississippium en Pennsylvanium. Dié name word selde gebruik tensy oor die Noord-Amerikaanse geologie gepraat word. In Europa word meestal gepraat van die "Laat Karboon" of "Silesium".
Verwysings
Kategorie:Karboon