duimnael|280px|’n Kunstenaar se voorstelling van die geologiese tydskaal in die vorm van ’n spiraal.
Die geologiese tydskaal is ’n indeling van die geskiedenis van die aarde in geologiese tydperke. Dit word bepaal deur die ouderdom van rotse.
Die geologiese tydskaal word meestal deur aardwetenskaplike (soos geoloë, paleontoloë, geofisici, geochemici en paleoklimatoloë) gebruik om die tye van en verhoudings tussen gebeure in die geologiese geskiedenis te beskryf. Die tydskaal is opgestel deur middel van die bestudering van rotslae en die waarneming van die verhoudings tussen hulle, asook die kenmerkende verskynsels soos litologieë, paleomagnetiese eienskappe en fossiele.
Verskeie tydskale is al opgestel, maar in die geologie word die laaste weergawe gebruik van die Internasionale Kommissie oor Stratigrafie (IKS), 'n liggaam van die Internasionale Vereniging van Geologiese Wetenskaplikes, waarvan die hoofdoel is om globale chronostratigrafiese eenhede van die Internasionale Chronostratigrafiese Kaart te definieer. Dit word weer gebruik om die verdeling van geologiese tyd te definieer. Die chronostratigrafiese verdelings word op hulle beurt gebruik om geochronologiese eenhede te definieer.
Terwyl sommige ouer publikasies dikwels alternatiewe name of daterings van bo- of ondergrense van tydperke gebruik, volg die tabel van geologiese tyd in dié artikel die riglyne van die IKS. Dit volg heel onder.
Terminologie Die geologiese tydskaal word verdeel in chronostratigrafiese eenhede en hulle ooreenstemmende geochronologiese eenhede. In sommige gebiede word streeksterme egter steeds gebruik.
Chronostratigrafie is die element van stratigrafie wat te doen het met die verhouding tussen rotse en die relatiewe meting van geologiese tyd. 'n Chronostratigrafiese eenheid is 'n rots, met of sonder lae, wat gedefinieer is tussen spesifieke stratigrafiese horisonne wat spesifieke intervalle van geologiese tyd verteenwoordig. Hulle sluit alle rotse in wat verteenwoordigend is van 'n spesifieke interval van geologiese tyd, en net dié interval.
Die substadiums van chronostratigrafiese eenhede is eonoteem, erateem, sisteem, serie en etage. 'n Geochronologiese eenheid is 'n verdeling van geologiese tyd. Die ooreenstemmende eenhede is eon, era, periode, epog en tydsnede.
Dit lyk dus soos volg: Chronostratigrafie Geochronologie Voorbeelde Eonoteem EonFanerosoïkum Erateem EraMesosoïkum Sisteem PeriodeKryt Serie EpogLaat Kryt Etage TydsnedeMaastricht
Die numeriese waardes op die Internasionale Chronostratigrafiese Kaart word voorgestel deur die eenhede Ma (mega-annum; miljoen jaar), Ga (giga-annum; miljard jaar) en soms ka (kilo-annum; duisend jaar). 'n Voorbeeld is , die laagste grens van die Jura, wat gedefinieer word as 201 400 000 jaar, met 'n onsekerheid van 200 000 jaar.
Volgorde thumb|240px|links|'n Alternatiewe voorstelling van die geologiese tydskaal as 'n horlosie. In die 18de eeu al is die stratigrafiese kolom deur geoloë in verskillende eenhede of rotslae opgedeel. Gegrond op ooreenkomste kon rotslae wat in verskillende dele van die wêreld voorkom, vergelyk word. Daar bestaan egter steeds veral op klein skaal talle onduidelikhede, wat met die verbetering van stratigrafiese tegnieke en metodes steeds beter opgelos word.
Hoe lank die tydperke in die tydskaal geduur het, was onbekend tot met die uitvinding van radiometriese datering in die eerste helfte van die 20ste eeu. Tans het die gebruik van verskillende tegnieke die foutspeling by die datering van die belangrikste oorgange in die tydskaal verklein tot minder as 1%.
Die geskiedenis van die aarde word in vier hooftydperke, of eons, ingedeel (van oud tot jonk): die Hadeïkum, Argeïkum, Proterosoïkum en Fanerosoïkum. Dié word in eras verdeel, waarvan die Paleosoïkum, Mesosoïkum en Kainosoïkum die eras van die jongste eon, die Fanerosoïkum, is. Die laaste era, die Kainosoïkum, word weer verdeel in drie periodes: die Paleogeen, Neogeen en die huidige Kwartêr. Die Kwartêr word onderverdeel in die epogs Pleistoseen en Holoseen. Epogs word weer onderverdeel in tydsnedes.
Danksy radiometriese datering is vasgestel dat die laaste eon, die Fanerosoïkum, nie eens ’n tiende van die aarde se totale geskiedenis uitmaak nie. Die tyd voor dié eon word dikwels gesamentlik die Prekambrium genoem, dus die tyd voor die eerste Fanerosoïese periode, die Kambrium.
+Eonoteme/eonsNaamTydperkDuur (miljoen jaar)Etimologie van naamFanerosoïkum538,8 tot 0 miljoen jaar gelede538,8Van die Griekse woorde φανερός (phanerós; "sigbaar" of "volop") en ζωή (zoē; "lewe").Proterosoïkum2 500 tot 538,8 miljoen jaar gelede1 961,2Van die Griekse woorde πρότερος (próteros, "vroeëre") en ζωή (zoē; "lewe").Argeïkum4 000 tot 2 500 miljoen jaar gelede1 500Van die Griekse woord αρχή (archē; "oorsprong").Hadeïkum4 567,3 tot 4 000 miljoen jaar gelede567,3Van Hades (ᾍδης; Háidēs), die god van die onderwêreld in die Griekse mitologie. +Erateme/erasNaamTydperkDuur (miljoen jaar)Etimologie van naamKainosoïkum66 tot 0 miljoen jaar gelede66Van die Griekse woorde καινός (kainós; "nuwe") en ζωή (zōḗ; "lewe").Mesosoïkum251,9 tot 66 miljoen jaar gelede185,902Van die Griekse woorde μέσο (méso; "middel") en ζωή (zōḗ; "lewe").Paleosoïkum538,8 tot 251,9 miljoen jaar gelede286,898Van die Griekse woorde παλιός (palaiós; "ou") en ζωή (zōḗ; "lewe").Neoproterosoïkum1 000 tot 538,8 miljoen jaar gelede461,2Van die Griekse woorde νέος (néos; "nuwe"), πρότερος (próteros, "vorige" of "vroegste") en ζωή (zōḗ; "lewe").Mesoproterosoïkum1 600 tot 1 000 miljoen jaar gelede600Van die Griekse woorde μέσο (méso; "middel), πρότερος (próteros; "vroeëre") en ζωή (zōḗ; "lewe").Paleoproterosoïkum2 500 tot 1 600 miljoen jaar gelede900Van die Griekse woorde παλιός (palaiós; "ou"), πρότερος (próteros; "vroeëre") en ζωή (zōḗ; "lewe").Neoargeïkum2 800 tot 2 500 miljoen jaar gelede3 000Van die Griekse woorde νέος (néos; "nuwe") en ἀρχαῖος (arkhaîos; "antieke").Mesoargeïkum3 200 tot 2 800 miljoen jaar gelede4 000Van die Griekse woorde μέσο (méso; "middel") en ἀρχαῖος (arkhaîos; "antieke").Paleoargeïkum3 600 tot 3 200 miljoen jaar gelede400Van die Griekse woorde παλιός (palaiós; "ou") en ἀρχαῖος (arkhaîos; "antieke").Eoargeïkum4 000 tot 3 600 miljoen jaar gelede400Van die Griekse woorde Ηώς (Ēṓs, "dagbreek") en ἀρχαῖος (arkhaîos; "antieke"). +Sisteme/periodesNaamTydperkDuur (miljoen jaar)Etimologie van naamKwartêr2,6 tot 0 miljoen jaar gelede2,58Van sediment in Frankryk se Seinebekken.Neogeen23 tot 2,6 miljoen jaar gelede20,45Van die Griekse woorde νέος (néos; "nuwe") en γενεά (geneá; "geboorte").Paleogeen66 tot 23 miljoen jaar gelede42,97Van die Griekse woorde παλιός (palaiós; "ou") en γενεά (geneá; "geboorte").Kryt~145 tot 66 miljoen jaar gelede~79Van die Terrain Crétacé wat in 1822 deur Jean d'Omalius d'Halloy gebruik is met verwysing na groot kalkbeddens in die Paryse Bekken.Jura201,4 tot 145 miljoen jaar gelede~56,4Genoem na die Juraberge. Trias251,9 tot 201,4 miljoen jaar gelede50,502Van die Trias in Suid-Duitsland, soos gebruik deur Friedrich August von Alberti.Perm298,9 tot 251,9 miljoen jaar gelede46,998Genoem na Perm, Russiese Ryk.Karboon358,9 tot 298,9 miljoen jaar gelede60Beteken steenkooldraend; van die Latynse carbō ("steenkool) en ferō ("dra").Devoon419,2 tot 358,9 miljoen jaar gelede60,3Genoem na Devon, Engeland.Siluur443,8 tot 419,2 miljoen jaar gelede24,6Genoem na die Keltiese stam die Silure.Ordovisium485,4 tot 443,8 miljoen jaar gelede41,6Genoem na die Keltiese stam die Ordovisiërs.Kambrium538,8 tot 485,4 miljoen jaar gelede53,4Genoem na Cambria, 'n gelatiniseerde vorm van die Walliese naam vir Wallis, Cymru.Ediacarium635 tot 538,8 miljoen jaar gelede~96,2Genoem na die Ediacaraheuwels.Kriogenium720 tot 635 miljoen jaar gelede~85Van die Griekse woorde κρύος (krýos; "goud") en γένεσις (génesis; "geboorte").Tonium1 000 tot 720 miljoen jaar gelede~280Van die Griekse woord τόνος (tónos; "strek").Stenium1 200 tot 1 000 miljoen jaar gelede200Van die Griekse woord στενός (stenós; "smal").Ektasium1 400 tot 1200 miljoen jaar gelede200Van die Griekse woord ἔκτᾰσῐς (éktasis; "uitbreiding").Kalummium1 600 tot 1 400 miljoen jaar gelede200Van die Griekse woord κάλυμμᾰ (kálumma; "bedekking").Staterium1 800 tot 1 600 miljoen jaar gelede200Van die Griekse woord σταθερός (statherós; "stabiel").Orosirium2 050 tot 1 800 miljoen jaar gelede250Van die Griekse woord ὀροσειρά (oroseirá; "bergreeks").Rhuasium2 300 tot 2 050 miljoen jaar gelede250Van die Griekse woord ῥύαξ (rhýax; "stroom" of "lawa").Siderium2 500 tot 2 300 miljoen jaar gelede200Van die Griekse woord σίδηρος (sídēros; "yster").
Tabel van geologiese tyd Die volgende tabel lys die verdelings van die geologiese tydskaal. Die mees onlangse tydperke is bo en die ouer tydperke onder. Die hoogte van 'n tabelinskrywing stem nie ooreen met die duur van elke verdeling nie. Terwyl die Fanerosoïkum langer lyk as die res, strek dit net oor ~539 miljoen jaar (~12% van die Aarde se geskiedenis), terwyl die vorige drie eons saam oor ~3 461 miljoen jaar (~76% van die Aarde se geskiedenis) strek. Dit is omdat relatief min bekend is oor die eerste drie eons in vergelyking met die Fanerosoïkum. Laasgenoemde is dus in meer korter tydperke verdeel.