UPS Airlines 100px IATA: 5X ICAO: UPS Roepsein: UPS Gestig: 1988 Ondernemingsvorm: Dogtermaatskappy van United Parcel Service Inc. Hoofkwartier: Louisville, Kentucky Hooflughawe: UPS "Worldport" Louisville Int. Lughawe President: Brendan Canavan Passasiers Slegs vrag Werknemers 20 047 Bestemmings: 815 Vloot: 290 vliegtuie Webtuiste: http://www.ups.com

UPS Airlines, is die lugredery van United Parcel Service, Inc., 'n reuse Amerikaanse maatskappy gebaseer in Louisville, Kentucky. Dit is verantwoordelik vir die vervoer van lugvrag van die moedermaatskappy United Parcel Service, Inc. en is een van die drie grootste vraghanteerders ter wêreld.

Ontwikkeling sedert 2000

As gevolg van groter kompetisie onder nuwe vliegtuie met meer as 200 sitplekke, het UPS Airlines in 2001 besluit om sy passasiersbedrywighede te staak en uitsluitlik op vragvervoer te fokus. Die korporatiewe bruin kleur op die stertvin versprei op die agterkant van die romp en word begrens deur 'n goue omranding. Die logo bly op die stertdeel, maar op die romp word dit vervang deur die advertensie-boodskap "Worldwide Services - Synchronizing the world of commerce".

Bestemmings

UPS vlieg na meer as 220 lande en gebiede in die wêreld, en diens daagliks 388 Amerikaanse lughawens met 936 vlugsegmente, asook 378 internasionale lughawens met 755 vlugsegmente.UPS feite. URL besoek op 9 Februarie 2014 Die meeste UPS Airlines-vlugte gaan deur die UPS Worldport op Louisville Internasionale Lughawe wat 416 000 pakkies of dokumente per uur kan hanteer. Benewens die Worldport, bedryf UPS Airlines ook streeks-gefokusde spille in Philadelphia (Pennsilvanië), Ontario (Kalifornië), Dallas (Texas), Rockford (Illinois) en Columbia (Suid-Carolina). Philadelphia is die belangrikste Atlantiese middelpunt vir vlugte na Europa. Ander spille in Noord-Amerika sluit in Hamilton, Ontario en Miami, Florida. Internasionaal bedryf UPS spille in Keulen (Duitsland), asook in Hongkong, Shanghai en Shenzhen in China.

Ernstige voorvalle en ongelukke van UPS 11 September 1998: Vlug 744, N316UP, 'n Boeing 767-300, doen ernstige skade op nadat dit van die aanloopbaan afloop by Ellington Field vanaf Louisville Internasionale Lughawe. Die lughawe het 'n groot storm ondervind tydens die landing, en die vliegtuig was nie in staat om op 'n nat aanloopbaan te klou met 'n sterk wind van agter nie. Die vliegtuig se regterlandingstel het afgebreek en die regterenjin het van die vlerk geskei. Die vliegtuig is teruggeplaas in diens na groot herstelwerk. 7 Junie 2005: Vlug 6971, N250UP, 'n McDonnell Douglas MD-11, doen ernstige skade op nadat 'n landingstel ineenstort op Louisville Internasionale Lughawe van Ted Stevens Anchorage Internasionale Lughawe. Die bemanning het per ongeluk die vliegtuig se neus te vinnig laat sak, en daarmee die voorste landingstel erg gebuig. Die vliegtuig is terug in diens na VS$ 10 miljoen se herstelwerk. 7 Februarie 2006: Vlug 1307, N748UP, 'n Douglas DC-8, word deur 'n brand vernietig by die Philadelphia Internasionale Lughawe vanaf Hartsfield-Jackson Atlanta Internasionale Lughawe. Net voor hul landing het die bemanning gerapporteer dat 'n rookalarm geaktiveer het in die vragruim. Na landing het die vragruim van die vliegtuig aan die brand geslaan. Die oorsaak van die brand is nooit vasgestel nie. 3 September 2010: Vlug 6,"Verklaring van vliegvoorval ." United Parcel Service. 3 September 2010. URL besoek op 3 September 2010. N571UP, 'n Boeing 747-400F, stort neer naby die Dubai Silicon Oasis teen ongeveer 19h45 plaaslike tyd ná 'n noodtoestand vyftig minute na hul opstyg verklaar is. Beide bemanningslede is dood, die eerste sodanige slagoffers in UPS se geskiedenis. Op 6 November 2010 het Agence France-Presse berig dat die Arabiese Al-Kaïda-terroriste 'n verklaring vrygestel het dat die ongeluk te wyte was aan 'n aanboordontploffing van 'n lugpakket wat in Jemen opgelaai is, maar tot dusver was daar nog geen bewys daarvan gevind nie. 14 Augustus 2013: Vlug 1354,"Vlug 1354." United Parcel Service. 14 Augustus 2013. N155UP, 'n Airbus A300-600, stort neer in 'n oop veld naderend Birmingham-Shuttlesworth Internasionale Lughawe in Birmingham, Alabama; beide die vlieënier en mede-vlieënier het verongeluk.

Verwysings

Kategorie:Amerikaanse maatskappye Kategorie:Lugrederye