Die horingpeultjieboom (Diplorhynchus condylocarpon) is 'n klein boom wat voorkom in die noordelike bosveld van Suid-Afrika. Dit kom ook feitlik regdeur Zimbabwe voor en weswaarts deur die noorde van Botswana en die Caprivi asook die noorde van Namibië. Daar is net een spesie in die genus en dit is dus 'n monotipiese takson.

Galery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Bronne Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 Plants of the World Online

Kategorie:Monotipiese takson Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Zimbabwe