Die Guadalupium is in die geologiese tydskaal ’n epog of serie in die periode/sisteem Perm. Dit het van sowat 272,3 tot 259,9 miljoen jaar gelede geduur. Gradstein, F.M.; Ogg, J.G.; Schmitz, M.D. & Ogg, G.M.; 2012: A Geologic Time Scale 2012, Elsevier, Dit is voorafgegaan deur die Sisuralium en gevolg deur die Lopingium.
Die Guadalupium word onderverdeel in drie tydsnedes of etages: die Roadium, Wordium en Capitanium. Dit was ’n tydperk met ’n warm, droë klimaat. In die huidige noordweste van Europa is die boonste deel van die Zechstein-groep gevorm en in Noord-Amerika lae tropiese seë vol koraalriwwe.
duimnael|links|270px||Die afsettingsgesteentes van die Roggeveld-eskarp word tot die Guadalupium in die Karoo-sekwensie dateer.Prevec en ander (Oktober 2022), South African Lagerstätte reveals middle Permian Gondwanan lakeshore ecosystem
Verwysings
Kategorie:Perm