George Walker (1853 - 18 Desember 1924) was een van die beweerde ontdekkers van die hoof goudrif aan die Witwatersrand. Hy is in Wigan, Lancashire gebore en het as jongman Suid-Afrika toe gekom waar hy as 'n messelaar gewerk het. Gedurende 1886 het hy by die Struben-broers begin werk.

Bron Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967.

Kategorie:Mynbou in Suid-Afrika Kategorie:Geboortes in 1853 Kategorie:Sterftes in 1924