__NOTOC__

Die Paddaboom (Tabernaemontana elegans) is 'n klein boom wat in Suid-Afrika voorkom langs die kus van KwaZulu-Natal en die noordelike dele van die Krugerwildtuin. Dit is ook inheems in Eswatini, Kenia, Malawi, Mosambiek, Somalië, Tanzanië en Zimbabwe.

In die droë winter verloor die boom sy blare. Die groot vrugte (6–7 cm lank en 4–5 cm breed) is leeragtig of houtagtig. Wanneer hulle ryp is, splyt hulle oop en toon die geel pulp daarbinne. Dit word geëet deur mense, ape, bobbejane, renosters, neushoringvoëls en witoorhoutkappers. Die boom se FSA-nommer is 644.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/

Fotogalery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronne Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Eksterne skakels

Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Kenia Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Somalië Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Zimbabwe