Die Langhium is ’n chronostratigrafiese etage sowel as geologiese tydsnede van onderskeidelik die sisteem en periode Neogeen (serie/epog Mioseen). Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het.
Die tydperk was van sowat 15,97 tot 13,82 miljoen jaar gelede.Gradstein et al. (2012) Dit is voorafgegaan deur die Burdigalium en gevolg deur die Serravallium.
Naam en definisie Die Langhium is in 1864 deur die Italiaanse geoloog Lorenzo Pareto genoem na die Italiaanse streek Langhe in Piëmont.
Die basis van die etage word gedefinieer deur die eerste voorkoms van die Foraminifera Praeorbulina glomerosa en die einde van die magnetiese chronosone C5Cn.1n, en die bokant deur die laaste voorkoms van die nannoplankton Sphenolithus heteromorphus.
Verwysings
Bronne Gradstein, F.M.; Ogg, J.G.; Schmitz, M.D. & Ogg, G.M.; 2012: A Geologic Time Scale 2012, Elsevier, .
Kategorie:Mioseen Kategorie:Tydsnedes