duimnael|240px|links|Gips- en kleilae uit die Messinium in die Sorbasbekken, Suid-Spanje. Die Messinium is ’n chronostratigrafiese etage sowel as geologiese tydsnede van onderskeidelik die sisteem en periode Neogeen (serie/epog Mioseen). Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het.
Die tydperk was van sowat 7,246 tot 5,332 miljoen jaar gelede.Gradstein et al. (2012) Dit is voorafgegaan deur die Tortonium en gevolg deur die Zancleum.
Naam en definisie Die Messinium is in 1867 deur die Switserse geoloog Karl Mayer-Eymar genoem na die stad Messina in Italië.Hsü 1983 Die globale stratotipepunt vir die etage lê in die omgewing van Rabat in Marokko.Hilgen et al 2000
Die basis van die etage word gedefinieer deur die eerste voorkoms van die Foraminifera Globorotalia conomiozea en lê ongeveer in die middel van die magnetiese chronosone C3Br.1r; die bokant word gedefinieer deur die einde van die magnetiese chronosone C3r, die eerste voorkoms van die nannoplankton Ceratolithus acutus en die uitsterwing van die nannoplankton Triquetrorhabdulus rugosus.
Tydens die Messinium is die Middellandse See kortstondig afgesluit van die Atlantiese Oseaan en dit het aanleiding gegee tot die Messinium-saliniteitskrisis.
Verwysings
Bronne Gradstein, F.M.; Ogg, J.G.; Schmitz, M.D. & Ogg, G.M.; 2012: A Geologic Time Scale 2012, Elsevier, . Hilgen, F.; Abdul Aziz, H.; Bice, D.; Iaccarino, S.; Krijgsman, W.; Kuiper, K.; Montanari, A.; Raffi, I.; Turco, E. & Zachariasse, W.-J.; 2005: The Global boundary Stratotype Section and Point (GSSP) of the Tortonian Stage (Upper Miocene) at Monte Dei Corvi, Episodes 28, p. 6-17. Hsü, K.J.; 1983: The Mediterranean Was a Desert, Princeton University Press, Princeton (New Jersey). Mayer-Eymar, K.; 1858: Versuch einer neuen Klassifikation der Tertiär-Gebilde Europa’s, Verhandlungen der Schweizerischen Naturforschenden Gesellschaft, Jahresversammlung 1857, p. 70–71 & 165–199.
Kategorie:Mioseen Kategorie:Tydsnedes