Die Tortonium is ’n chronostratigrafiese etage sowel as geologiese tydsnede van onderskeidelik die sisteem en periode Neogeen (serie/epog Mioseen). Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het.
Die tydperk was van sowat 11,6 tot 7,24 miljoen jaar gelede.Gradstein et al. (2012) Dit is voorafgegaan deur die Serravallium en gevolg deur die Messinium.
Naam en definisie Die Tortonium is in 1858 deur die Switserse geoloog Karl Mayer-Eymar genoem na Tortona in Piëmont, Italië. Die globale stratotipepunt vir die etage lê in die strand-ontsluiting Monte dei Corvi in die omgewing van Ancona in Noordoos-Italië.Hilgen et al 2005
Die basis van die etage word gedefinieer deur die laaste voorkoms van die nannoplankton Discoaster kugleri en die Foraminifera Globigerinoides subquadratus, en word ook verbind met die kort magnetiese chronosone C5r.2n; die bokant word gedefinieer deur die eerste voorkoms van die Foraminifera Globorotalia conomiozea en lê ongeveer in die middel van die magnetiese chronosone C3Br.1r.
Verwysings
Bronne Gradstein, F.M.; Ogg, J.G.; Schmitz, M.D. & Ogg, G.M.; 2012: A Geologic Time Scale 2012, Elsevier, . Hilgen, F.; Abdul Aziz, H.; Bice, D.; Iaccarino, S.; Krijgsman, W.; Kuiper, K.; Montanari, A.; Raffi, I.; Turco, E. & Zachariasse, W.-J.; 2005: The Global boundary Stratotype Section and Point (GSSP) of the Tortonian Stage (Upper Miocene) at Monte Dei Corvi, Episodes 28, p. 6-17. Mayer-Eymar, K.; 1858: Versuch einer neuen Klassifikation der Tertiär-Gebilde Europa’s, Verhandlungen der Schweizerischen Naturforschenden Gesellschaft, Jahresversammlung 1857, p. 70–71 & 165–199.
Kategorie:Mioseen Kategorie:Tydsnedes