Die Rupelium is ’n chronostratigrafiese etage sowel as geologiese tydsnede van onderskeidelik die sisteem en periode Paleogeen (serie/epog Oligoseen). Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het.
Die tydperk was van sowat 33,9 tot 28,1 miljoen jaar gelede.Gradstein et al. (2012) Dit is voorafgegaan deur die Priabonium en gevolg deur die Chattium.
Naam en definisie Die Rupelium is in 1850 deur die Belgiese geoloog André Dumont genoem na die rivier Rupel, ’n sytak van die Skelde.
Die basis van die etage word gedefinieer deur die uitsterwing van die Foraminifera Hantkenina en die bokant deur die laaste voorkoms van die Foraminifera Chiloguembelina.
Verwysings
Bronne Gradstein, F.M.; Ogg, J.G.; Schmitz, M.D. & Ogg, G.M.; 2012: A Geologic Time Scale 2012, Elsevier, .
Kategorie:Oligoseen Kategorie:Tydsnedes