Die Chattium is die laaste chronostratigrafiese etage sowel as geologiese tydsnede van onderskeidelik die sisteem en periode Paleogeen (serie/epog Oligoseen). Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het.

Die tydperk was van sowat 28,1 tot 23,03 miljoen jaar gelede.Gradstein et al. (2012) Dit is voorafgegaan deur die Rupelium en gevolg deur die eerste etage/tydsnede van die Neogeen, die Aquitanium.

Naam en definisie Die Chattium is in 1894 deur die Duitse paleontoloog Theodor Fuchs genoem na die Germaanse stam die Chatte. Die oorspronklike tipeligging is in die omgewing van die Duitse stad Kassel.

Die basis van die etage word gedefinieer deur die laaste voorkoms van die Foraminifera Chiloguembelina, en die bokant deur die begin van die magnetiese chronosone C6Cn.2, die eerste voorkoms van die Foraminifera Paragloborotalia kugleri en die laaste voorkoms van die nannoplankton Reticulofenestra bisecta.

Verwysings

Bronne Fuchs, T.; 2004: Tertiaerfossilien aus den kohlenführenden Miocaenablagerungen der Umgebung von Krapina und Radaboj und über die Stellung der sogenannten "Aquitanischen Stufe", Königlich- Ungarische Geologische Anstalt, Mittheilungen und Jahrbuch 10, p. 163-175. Gradstein, F.M.; Ogg, J.G.; Schmitz, M.D. & Ogg, G.M.; 2012: A Geologic Time Scale 2012, Elsevier, . Chattian, GeoWhen Database Stratigraphic chart of the Paleogene, Norges Network of offshore records of geology and stratigraphy

Kategorie:Oligoseen Kategorie:Tydsnedes