Die Lutetium is ’n chronostratigrafiese etage sowel as geologiese tydsnede van onderskeidelik die sisteem en periode Paleogeen (serie/epog Eoseen). Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het.

Die tydperk was van sowat 47,8 tot 41,3 miljoen jaar gelede.Gradstein et al. (2012) Dit is voorafgegaan deur die Ipresium en gevolg deur die Bartonium.

Naam en definisie Die Lutetium is in 1883 deur Albert de Lapparent genoem na Lutetia, die Latynse naam vir Parys. Die oorspronklike tipeligging is in die omgewing van dié stad; ’n globale stratotipepunt is nog nie vasgestel nie.

Die basis van die etage word gedefinieer deur die laaste voorkoms van die Foraminifera-genus Hantkenina en die bokant deur die verdwyning van die nannoplankton Reticulofenestra reticulata.

Verwysings

Bronne Gradstein, F.M.; Ogg, J.G.; Schmitz, M.D. & Ogg, G.M.; 2012: A Geologic Time Scale 2012, Elsevier, .

Kategorie:Eoseen Kategorie:Tydsnedes