Die Lochkovium is ’n chronostratigrafiese etage sowel as ’n geologiese tydsnede in onderskeidelik die sisteem en periode Devoon. Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het.

Die Lochkovium was van sowat 419,2 tot 410,8 miljoen jaar gelede.Gradstein et al. (2012) Dit is voorafgegaan deur die Siluur-etage/tydsnede Pridolium en gevolg deur die Pragium.

Naam Die Lochkovium is genoem na Lochkov, ’n stadsdeel in Suidwes-Praag in Tsjeggië. Die tipeligging vir die basis van die gesteentes van die Lochkovium, en daarmee die oorgang tussen die Siluur en Devoon, is in die steengroef Klonk by Suchomastyin, suidwes van Praag.

Bronne

Chlupác, I. & Kukal, Z.; 1977: The boundary stratotype at Klonk. The Silurian-Devonian Boundary. IUGS Series A5, p. 96-109, ISSN 0374-8480. Gradstein, F.M.; Ogg, J.G.; Schmitz, M.D. & Ogg, G.M.; 2012: A Geologic Time Scale 2012, Elsevier, .

Kategorie:Devoon