Die Givetium is ’n chronostratigrafiese etage sowel as ’n geologiese tydsnede in onderskeidelik die sisteem en periode Devoon. Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het.
Die Givetium was van sowat 387,7 tot 382,7 miljoen jaar gelede.Gradstein et al. (2012) Dit is voorafgegaan deur die Eifelium-etage/tydsnede en gevolg deur die Frasnium.
Naam en definisie Die etage is genoem na die Franse stad Givet. Die basis van die Givetium word gedefinieer deur die eerste voorkoms van die Conodonta Polygnathus hemiansatus en die bokant deur die eerste voorkoms van die Conodonta Ancyrodella rotundiloba. Die tipeligging vir die basis is naby Tafilalt in Marokko.
Bronne
Gradstein, F.M.; Ogg, J.G.; Schmitz, M.D. & Ogg, G.M.; 2012: A Geologic Time Scale 2012, Elsevier, . Walliser, O.H.; Bultynck, P.;, Weddige, K.; Becker, R.T. & House, M.R.; 1995: Definition of the Eifelian-Givetian Stage Boundary, Episodes 18(3), p. 107–115.
Kategorie:Devoon